"Brokkies" advertensie prosedure
Volg asseblief die volgende riglyne:
Fisieke voorkoms & lengte van advertensies
- Gebruik slegs swart letters, ARIAL-lettertipe, 10 pt. (nie "bold" nie).
- Sinne langs mekaar asseblief, slegs met normale punte en spasies geskei. Dus nie paragraafmerke ("enters") insluit nie, dit is tydrowend om uit te haal.
- Lengte: Nie meer as 40 woorde nie (opskrif uitgesluit).
Advertensietariewe
- Gemeenskaps-advertensies: Gratis behalwe in gevalle wat uitgewys sal word.
- Afrikaanstalige Kerkdienste: Gratis.
- Engelstalige Kerkdienste: $20.
- Kleinadvertensies - Persoonlik: Ingeskrewe en opbetaalde Klublid $5, Nie-lid $15
- Kleinadvertensies - Besigheid: Ingeskrewe en opbetaalde Klublid $15, Nie-lid $25
- BELANGRIK: Besigheidsadvertensies wat vir minstens 5 keer agtereenvolgens geplaas word, sal steeds slegs $10 per plasing vir lede en $20 per plasing vir nie-lede kos.
- Werkgeleenthede: GRATIS, mits die besigheid nie geidentifiseer word nie, anders is dit 'n "Besigheidsadvertensie".
(Voorbeelde van “Persoonlike Advertensies: Verkoop van eie motor of meubels, soek na vriende, items te koop benodig, tieners wat kinders oppas, ens.)
(Voorbeelde van Besigheids-advertensies: Huur/Verkoop van huise, akkommodasie soos die verhuur van kamers, versekeringsdienste, professionele dienste, kleinhandelaars, ens.)
Prosedure
- Stuur ‘n e-pos aan die.afrikaanse.klub@clear.net.nz , met die volgende in die “Subject”-lyn: “Brokkies-advertensie”
- By jou versoek tot advertering, dui asb. aan:
- Of jy 'n opbetaalde lid van Die Afrikaanse Klub is of nie. (Skryf "Lid" of "Nie-lid")
- Wat die bedrag is wat jy instuur.(Sodat ons weet jy begryp en erken die bedrag verskuldig.)
- Of dit 'n Besigheids- of Persoonlike advertensie is. (Huisverkope en uitverhuring van huise en kamers word geag 'n "Besigheidsadvertensie" te wees).
- Die datum van plasing verlang (“Brokkies” verskyn op Woensdagaande).
- Of jy enige herhalings verlang.
Jy kan een bestelling plaas vir bv. vier weke se aaneenlopende plasings en een keer daarvoor betaal. (Voorbeeld: 4 x $20 = $80). Dit kan ook langer herhalingsiklusse wees. (Jy kan ook die bewoording verander te midde van ‘n herhalingsiklus, deur die volledige advertensie met die nuwe bewoording aan ons te stuur; nie net die gewysigde segment nie.)
Die Klub sal aan jou ‘n e-pos stuur ter bevestiging en daarby ‘n e-faktuur aanheg, in die vorm van ‘n WORD-dokument, wat jy in jou boekhoustelsel kan gebruik.
- Skryf die volgende AGTER OP die tjek:-
- “Klublid” (of “Nie-lid”).
- "Brokkies" § "Besigheid" (of “Persoonlik”)
- “Datum van publikasie”
- Maak tjeks uit aan Die Afrikaanse Klub en pos na:
PO Box 300-674
Albany
Auckland
Advertensies moet ons bereik teen 12.00 vm op elke Woensdag.
Alternatiewe betalingsmetodes:
(1) Deponeer die bedrag by BNZ-bank, of (2) betaal per internet Bankbesonderhede:
The Afrikaans Club, BNZ-rekeningnommer
02 0271 0285220 00.
VERWYSING: Vermeld die faktuurnommer
BELANGRIK:
- Advertensies is vooruit betaalbaar. Stuur asb. jou tjek betyds in.
- Geen betalings mag na individue gestuur of oorhandig word nie. Dit mag slegs na die klubadres gepos word.
- Iemand is slegs 'n Klublid indien formeel ingeskryf en lidmaatskapgeld betaal is, of ou lede wat opbetaal is. (Kyk “Sluit so aan” vir riglyne om aan te sluit.)
- Klublede mag nie namens iemand anders adverteer en so die klubafslag aan vriende/familie deurgee nie.
- Die Afrikaanse Klub behou die reg voor om Brokkies op 'n ander datum as die gewone Woensdag uit te stuur, indien spesiale omstandighede dit vereis.
- Die Afrikaanse Klub behou die reg voor om advertensies te verkort of weier indien nodig, sonder kennis aan die adverteerder.
- Die Afrikaanse Klub of sy medewerkers assosieer of ondersteun nie noodwendig enige advertensie, aankondiging of stelling in hierdie nuusbrief nie.
- Die Afrikaanse Klub of sy medewerkers kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige advertensie-inhoud se korrektheid of gehalte diens wat daardeur gesuggereer word nie.
- Vir 'n volledige "Beleid" rondom Brokkies se hantering kan u daarom vra deur 'n boodskap te stuur aan die.afrikaanse.klub@clear.net.nz en die versoek duidelik te stel, met vermelding van u naam, e-posadres en telefoonnommer.
