Konsulêre dienste nou in Kiwiland aan SA Kiwi’s gebied


Die eerste Suid-Afrikaanse Hoë-Kommissaris in
Nieu-Seeland, mnr Anthony Mongalo.

Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland het in sy weeklikse e-pos nuusbrief, Brokkies van 30 April 2009 bekend gemaak dat die eerste volledige diplomatieke diens in vyftig jaar, vanjaar in Nieu-Seeland geopen is.  Aanvanklik het die nuwe Suid-Afrikaanse Hoë-Kommissariaat (SAHK) slegs ‘n diplomatieke funksie gehad, en hulle het onlangs begin om uitgebreide konsulêre dienste te verrig.

Volgens mnr Madoda Ntshinga, ‘Counsellor: Political’ en adjunk-hoof van die SAHK, is hulle eintlik al sedert April vanjaar gerat om hierdie uitgebreide dienste te lewer, maar hulle wou eers verseker dat alles glad verloop voordat hulle dit wyer bekend maak.

“Behalwe vir ons hoof mandaat om bilaterale politieke en handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland te bevorder, bied die SAHK nou ‘n wye reeks immigrasie-, burgerlike en konsulêre dienste aan Suid-Afrikaners,” sê mnr Ntshinga.

Hy verduidelik voorts: “Die vereistes vir ons onderskeie dienste is presies dieselfde as die vereistes wat op die www.sahc.org.au webruimte verskyn, maar aansoeke moet aan ons hier in Wellington gestuur word met die toepaslike betaling in die Nieu-Seelandse geldeenheid.”

Anthony Mongalo - Hoë-Kommissaris nou in Kiwiland

Dit het vroeër vanjaar begin toe mnr. Anthony Mongalo – sedert 2003 Suid-Afrika se Hoë-Kommissaris in Canberra, Australië - as Nieu-Seeland se eerste Hoë-Kommissaris in Wellington aangestel is.  Die aanstelling is vir vier jaar.  Hy is goed by Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland bekend, aangesien hy vanuit Australië die Klub se Bestuurskomitee jaarliks uitgenooi het na ‘n koffiedrink-skakelsessie in Auckland.

Sy vrou, Lillian, is van Māori-afkoms en sy identifiseer met die Tanui-stam.  Hulle het mekaar in die sestigerjare ontmoet toe sy ‘n onderwyseres in Zambië was.  Albei hul seuns is in Nieu-Seeland gebore.

Die kommissariaat se doel

Mnr. Mongalo verduidelik die doel van die SAHK:  “Die hoofdoel van die hoë-kommissariaat is om bilaterale betrekkinge tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika te vestig en uit te bou op politieke, handels-, sport en kulturele gebiede.  Ons sal graag wil sien dat maatskappye soos Fonterra handelsbetrekkinge met Suid-Afrika ontwikkel.”

Tipes konsulêre dienste

Die SAHK in Wellington bied die volgende konsulêre dienste:

Hoe om vorms te bekom

Die BI-9 vingerafdrukvorm moet by consular@sahcwellington.co.nz bestel word, en aansoeke wat in Nieu-Seeland ontstaan, moet gepos word aan:
The South African High Commission
P O Box 25406
WELLINGTON
6146

Vorms kan vanaf www.sahc.org.au afgelaai word.  Ons plaas die fooie soos ons dit van die SAHK ontvang het:


Payment must be in the form of a money/postal order or bank draft in New Zealand currency, made payable to the South African High Commission.  Personal Cheques and Credit Cards are not acceptable.

All applications must include a self addressed, New Zealand registered postal envelope (Return Postage).

Contact Details of the SAHC in New Zealand:

Email: consular@sahcwellington.co.nz
Office Hours: 08h30 to 12h00
Phone: +64 4 462 6866
Fax: +64 4 462 6879 
Direct your response to the Consular Division: consular@sahcwellington.co.nz


Die Hoë Kommissariaat sal binnekort na hul permanente tuiste op die sewende vloer van die State Insurance Tower in Willis-straat, Wellington verhuis.

(Artikel deur Philip Langenhoven)

                                            terug na begin

   ontwerp deur :: mari
bygewerk :: aug 2009