"Brokkies" (E-nuusbrief)
Brokkies is Die Afrikaanse Klub se weeklikse, elektroniese nuusbrief wat reeds aan na meer as 2500 e-posadresse (sommige elders ter wêreld) gestuur word. Hierdie adreslys groei weekliks, namate ‘n toenemende aantal mense aandui dat hulle meer oor die Suid-Afrikaanse gemeenskap in Nieu-Seeland se doen en late wil uitvind.
Dit bevat kort besprekings van Klubprojekte, gemeenskapsnuus, werkgeleenthede, besonderhede van Afrikaanstalige kerkdienste, persoonlike advertensies en besigheidsadvertensies.
"Brokkies" advertensies
In hierdie stadium
kan slegs persone wat in Nieu-Seeland woon advertensies plaas. Hierdie reëling mag te
enige tyd verander. In verdienstelike gevalle sal oorsese advertensies gratis
geplaas word. Ongelukkig kan geen oorsese advertensies geplaas word van
persone wat werk soek voor hulle vertrek uit Suider Afrika nie.
Volg asseblief die prosedures hier onder noukeurig
voor jy jou advertensies en betalings stuur.
Ontvang "Brokkies" per epos
Lees die prosedures hier.
Vorige Brokkies" uitgawes
Kry die pdf leêrs hier.
