KiwiKasie Kunstefees 2002
Mathys Roets hooftrekpleister by KiwiKasie
KiwiKasie stal trots van Afrika uit

KiwiKasie kry gestalte ...
KiwiKaskenades en Jurie Els
Trix Pienaar besoek Kiwiland

Argiewe

KiwiKasie kry gestalte ...

Vanjaar se Afrikaanse Kunstefees is om die draai. Op 5 Oktober bied Die Afrikaanse Klub sy tweede kunstefees aan.

Ons gaskunstenaar, Mathys Roets, staan al feitlik met een voet op die vliegtuig… Verskeie nuutjies sal aan die orde van die dag wees:
Eerstens verander die naam van hierdie geleentheid van Potpourri KunsteKwêla na KiwiKasie. Dié verandering val saam met die internasionale tendens wat begin is deur die InterAfrikaanse Trust wat met Ukkasie in Londen begin het, en wat tot 'n ander een - Eurokasie - gelei het. Australië beplan fluks aan hul eerste Aussiekasie. Dus kon ons nie die versoeking weerstaan om ons fees na KiwiKasie te herdoop nie! Dis in pas met die tendens van Afrikaanse kunstefeeste wat oral posvat.

Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland het die hand uitgesteek na Australië se Afrikaanse klub om hulle te ondersteun met hul eerste groot stap om kunstefees te hou. Ons het onder meer aangebied dat Mathys Roets ook in Australië kan optree as die eerste stap in 'n samewerkingsverhouding wat hopelik sal gedy. Reëlings is reeds gefinaliseer vir Mathys om in Aussieland aan te doen en sy sangtalent ook met hulle annerkant die Tasmansee te deel. 'n

Tweede groot verandering is die eerste aanbieding van 'n kunsuitstalling met Afrika-tema. Die uitstalling is Pride of Africa gedoop en sal drie weke lank te siene wees. Die Afrikaanse Klub wil met hierdie poging verdere stukrag gee aan ons "Uitreikfo-kus", wat so met sy "Kunstefokus" gekombineer word.

'n Derde verandering is die skuif van ons gala-aand na die perseel van die City Impact Church in Browns Bay, Auckland. Hierdie ultra-moderne gebou met sy puik fasiliteite kos wel 'n plaas se geld, maar die toegevoegde waarde is ongelooflik.

Die dag se fees word dié keer in albei sale van Northcross Intermediate-skool, Browns Bay, gehou. Behalwe dat die ouditorium meer as 700 mense kan akkommodeer, het dit ook gemaklike, teatertipe sitplekke. Ons huur ook die kerk se personeel as parkeeraanwysers in die reuse parkeergebied (ook 'n pluspunt; dink net aan die gebrek aan parkeerruimte by baie sale!) en ook sitplekaanwysers en veiligheidsdienste. Ook die klankstelsel en videofasiliteite word deur hulle verskaf en bedryf. 'n Interessante nuutjie is die reuse-videoskerms waarop die verhoogaksie geprojekteer sal word. Ons glo hierdie perseel sal 'n sterk professionele dimensie tot die kunstefees voeg.

Die vierde verandering is die toetrede van vier groot borge. Die ankerborg is AI Financial Services, van Richardt Piechazek. Hy betaal Mathys Roets se reiskoste vanuit SA.
Die drie hoofborge is Nautilus Financial Services van Christo Minnie, Newcor Immigration Services van Frans du Plessis, en Speedy Signs van Hugo & Riana McGrath.
Dan het Stationery World weer ingewillig om alle drukwerk te hanteer en te borg en Newstart Gastehuis & Airport Express van Gerhard & Linette van Wyk lewer ook n bydra.

Newcor staan in vir Mathys se optreefooi en Nautilus dra die koste van die duur nuwe lokaal. Die dag se perseel, ander deelnemers wat vergoed moet word en bemarking, sal uit kaartjieverkope betaal word.
Vir navrae, skryf aan Die.Afrikaanse.Klub@clear.net.nz of skakel (09) 478 2291.


argiewe                                     terug na begin

  
opgedateer :: des 2003