KiwiKasie Kunstefees 2002
Mathys Roets hooftrekpleister by KiwiKasie
KiwiKasie stal trots van Afrika uit
KiwiKaskenades en Jurie Els
Trix Pienaar besoek Kiwiland

Argiewe

Vol dag met KiwiKaskenades en Jurie Els

Lekker boereworsrolle van Fred's Fine Foods, pannekoek en gebak van twee Afrikaanse kerke in Auckland en talle stalletjies het 'n heerlike dag van saam ontspan vir gesinne gebied.

Dit was die afgelope KiwiKaskenades, wat in Browns Bay gehou is. Die vorige drie weke se swaar reën-en die vorige twee dae se "weather bomb" in Auckland en omstreke-het ver-oorsaak dat nie baie mense oorreed kon word om buite op die nat gras te gaan speletjies speel nie. Niemand wou die aankondiger glo toe hy sê dat die veld "nie eintlik nat" was nie en "deur die organiseerders uitgedroog" is voor die gesinsdag nie! Wonder waarom? Hulle het seker in die geestesoog kon sien hoe hulle geskiedenis maak deur kniediep in 'n krieketveld weg te sak! Dit het egter niks gedoen aan die entoesiastiese gekuier, geëet en gesels binne-in die saal, waar ou vriende ontmoet en nuwes gemaak is nie.

Die dag se kersie op die koek, wat finaal enige kouegeitjie weggedryf het, was Jurie Els se genotvolle vertoning daardie aand in dieselfde saal. Baie waardering is uitgespreek vir Jurie se aangename verhoogpersoonlikheid en breë verskeidenheid in sy repertorium. Van sy vriend Anton Goosen, tot Koos Kombuis en Valiant Swart se liedjies het aan die beurt gekom en Jurie se eie goeie repertorium aangevul. Miskien kan ons Jurie oorreed om aan die einde van die jaar by ons Nuwejaarsdans te kom sing!

lees meer oor Jurie Els


                                                 terug na begin

  ontwerp deur :: mari
opgedateer :: jan 2003