KiwiKasie se Hooffees met Jannie & Christa <<terug
- KiwiKasie 2003
- Rimpelfees wil jy deelneem?
- Hooffees met Jannie & Christa <<
- Meer oor Jannie en Christa
- KiwiKasie 2003 Borge
“Hittegolwe” te Wagte by Hooffees met Jannie & Christa!
Die voorprogram van KiwiKasie se Hooffees gaan “hittegolwe” ontketen! Alles vind plaas die aand van 4 Oktober om 6.30 in die saal van die City Impact Church, East Coast Road, Browns Bay.
Die blinknuwe Umoya Damesangroep sing nostalgies en humoristies oor ons wortels in Afrika, maar ook bruisend oor ons magiese nuwe land, Aotearoa. Die groep bestaan uit Edsia van Wyk, Marina Herbst, Lisa Meyer, Elma Myburgh, Magdel Hammond, Lorette Kok, Arina Grobler, Elisabet Edye, Annelien Piechazek, Maryke van Rooyen, Magdel Hammond en Carla van der Kooi. Die groep word afgerig deur Marinda de Villiers en Carel Broekman. As deel van hul vertoning sal Elisabet Edye en Annelien Piechazek ‘n baie kort drama opvoer.
Sanet Minnie en Jancke Bester sal verantwoordelik wees vir mimiek in die voorportaal. Die kookwater-Boereorkes van Nico Smit sal speel vanaf die oop bak van Karel van der Wat se 1928 Model A Ford-bakkie. Die Vaaljapies sing ‘n komiese item, soos geskryf deur liedjieskrywer Janine Nel. Janine Nel lewer ‘n duet met Renier Lee, asook saam met Washiela Carr... Die Auckland City Dukes (Kiwiland se Klopsegroep) gaan met rou energie en uitbundigheid bekende klanke en ritmes deur jou lyf laat spoel. Africapella, gewilde mannesangroep werk hard aan ‘n splinternuwe Afrikaanse aanbieding wat baie byval behoort te vind!
En dan, natuurlik die heel HOOFDIS!
Jannie du Toit en Christa Steyn! Jannie en Christa is van die moderne kunstenaars wat van die hoogste kwaliteit en afronding in hul lewende vertonings aanbied.
Hulle sing eerlik en opreg oor die lewe en beloof om almal op lang paaie
van nostalgie te neem en terselfdertyd pragtige humor te gebruik. Lees meer
oor Jannie en Christa hier.
Die Afrikaanse Klub organiseer gewoonlik vir ons kunstenaars toere in Nieu-Seeland.
Met Jannie en Christa het ons ons mees ambisieuse poging tot nog toe geloods:
Kyk maar na die lys hier onder. Ons het ook weer gefasiliteer dat Jannie-hulle
ook deur Australië toer en werk saam met die Afrikaanse Klub in Australië
in hierdie verband.
Die uurglas loop nou regtig leeg. Mense wat nie teleurgesteld wil wees nie, moet nou vinnig hul kaartjies koop. Volgens die meeste van die kaartjies se afsetpunte loop die kaartjies BAIE VINNIG, namate “laatslapers” ook in die kraal wil kom…
Vir die Kiwilandse optredes is kaartjies beskikbaar by die volgende plekke:
- Freds Fine Foods: Tel. 475 5403. Oteha Valley Rd, Albany.
- Browns Bay Trading Centre: 1/33 Bute Road, Browns Bay, Auckland.
Tel. (09) 478-6257 - South African Caffee: "Shop 2" Clyde Court, 94 Clyde Rd, Browns Bay. Tel.: 476 3414
- Carla van der Kooij: Tel. 476 4302 Carel Broekman: Tel. 448 2418
- Marius Rothmann: Tel. 479 2293 Leonie Peters: Tel. 846 8807
- Philip Langenhoven: Tel. 479 4779
- Andre Joubert: Tel. 476 5650
Auckland (North Shore)
- Engela Nel: Tel. 537 2821
- June Venter: Tel. 274 8582
- Ennelise Steyn: Tel. 533 6371
Auckland (Howick)
- Melanie Delport: Tel. (07) 854 3622 Tauranga
- Annette Eksteen: Tel. (07) 839 4116
Hamilton
- Poppie Engelbrecht: Tel. (07) 552 4900
Tauranga
- Margriet Theron: Tel. (07) 347 7211 / 021-1729697Die kaartjies kan by die Kamer van Koophandel afgehaal word, tussen 3 en 5 nm, op weeksdae. Die Kamer is op die derde vloer van die stadsbiblioteek-gebou, maar by die Haupapastraat ingang, bokant Te Wananga O Aotearoa.
Rotorua
- Karin de Beer: Tel. (09) 435 5231
Whangarei
- Marietjie Swart: Tel. (03) 3590240 perskat@aquinin.com
Christchurch (Optrede Ma. 6 Oktober)
Vir die eerste keer maak ons 'n Afrikaanse konsert in die Suid-Eiland moontlik!
- Richard Marais: Tel. (06) 769 9201 rebmarais@xtra.co.nz (Selfoon: 021-139 2599)
New Plymouth (Optrede Di. 7 Oktober)
- Marié Earles (04) 233 2073 of epos: mariekie_785@yahoo.com
Wellington (Optrede Vry. 10 Oktober)
- Datum : Donderdag 9 Oktober 2003
- Tyd: 19h30
- Plek: Kingston Street Chapel,
h/v Kingston Street & London Tce
Palmerston North - Koste: $10 per volwassene $5 per kind $30 gesinskaartjie (2 of meer kinders)Verversings sal tydens pouse bedien word
- Ilse Boessenkool Email bekool@globe.net.nz / Tel. & faks: (06)3535595
Palmerston North
- Johan Oosthuizen:Tel. (06) 877 0055Epos: mmjoosthuizen@xtra.co.nz
Napier (Optrede Sat. 11 Oktober)
terug na begin