KiwiKasie
2003 se Kuns-op-Rym Kompetisie
Hier’s ons kinders se kans om hul kunstalente
te ontgin! Lees die strofe uit ‘n bekende Afrikaanse rympie en teken
wat jy “sien”!
Lees die volledige gedig hier.
Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland begin vanjaar met ‘n nuwe inisiatief,
as deel van die klub se jaarlikse KiwiKasie Afrikaanse
Kunstefees, wat op
4 Oktober 2003 in Auckland plaasvind.
Die doel is om die kinders van Suider-Afrikaanse kinders immigrante meer aktief by hierdie fees te betrek. Hoewel prysgeld aangebied word (sowat $600 in totaal), is die klem meer op deelname en pret. Daar is vier ouderdomskategorieë.
Die beste 3 inskrywings in elke kategorie sal prysgeld ontvang, wat tydens
die klub se Afrikaanse hoofkonsert op die aand van
4 Oktober oorhandig sal word. Die beste 10 inskrywings
in elke kategorie sal geskandeer en op die klub se webblad uitgestal word.
Verder sal ons – sover dit prakties is – so veel moontlik inskrywings
tydens die multikulturele dagfees van KiwiKasie uitstal.
Onthou, die sluitngsdatum is 15 September!
Kuns-op-Rym 5jr. en jonger: Inskrywingsvorm en Inkleurprent.(laai beide af)
Kuns-op-Rym 6jr. tot 10jr: Inskrywingsvorm
Kuns-op-Rym 11jr. tot 14jr: Inskrywingsvorm
Kuns-op-Rym 15jr. en ouer: Inskrywingsvorm
Eendag sit ek en skrywe
daar onder op my plek,
toe kom Bobbejaan daar aangedraf
met 'n briefie in sy bek
Dit was geskryf op varkensblaar.
dit was 'n bietjie dof
dit was om my en my meisie te nooi
na Apie se Bruilof.
Hulle dans dat dit so gons
die lekker kotiljons
musiek so vals, hulle dans 'n wals
hulle loop so teenaan ons.
Die tromme, fluitjies en ramkies
die speel so baie rof
en dit was toe al net laat in die aand
op Apie se bruilof.
Die bruidspaar ry in 'n olieblik
ses skilpaaie moet dit trek
die leisels ingesmeer met pik
die stang styf in die bek.
Neef springhaas met sy groen bril op
hy was die bruidskoetsier
en Bobbejaan kom agter aan
op sy potblou Arabier
Oom Jakkals het die diens gehou
die koster was klein mier
die strooijonker was Ystervark
die strooimeisie nig Tier.
Die bruilofstafel staan gedek
met spierwittte kleedjie
daars vlooirib en brommervlerk
van kakkerlaksous 'n bietjie.
Dis muggietoon en mossieboud
ag almal op 'n ry
'n kriekie pekel ingesout
aan dun repies gesny.
Fiskaal se piep en mol se stert
en ruspe afgeslag.
'n slang se spoeg en akkedistong -
en alles heerlik sag.
Ons trap dit uit na dagbreek toe,
want die meisies is so mooi
maar toe ek niggie Aap moet vat
toe word ek sommer rooi.
Vyfuur die oggend kom ek tuis
my kop voel bietjie dof
maar dit was lekker om saam te vier
aan Apie se Bruilof.

Apie
se Bruilof (Anoniem)