Oujaarsdans
Kersdag braai
KiwiKasie2003
Afrikaanse Skryfkompetisie
Winterdans
Kuns-op-Rym Kompetisie
Fliek:Klara Viljee
Dagstap:Okura-staproete
Verskeidenheidskonsert

Argiewe

Oujaarsdans 2003           video

Soos die tradisie dit nou eenmaal wil hê, het Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland sy besige jaar met 'n "Oujaarsdans" vir gesinne afgesluit. Bykans 300 siele - oud en jonk - het weer op oujaarsaand bymekaar gekom en die wye verskeidenheid musiek van Albert geniet. Van langarm tot jive, van wals tot ruk-en-rol en van wieg tot jongmens-kotteljons was aan die orde van die dag. En nie lank nie, of die gebruiklike "Birdie song" en "Zorba" het almal soos een man (vrou en kind) op die baan gehad, in 'n groot sirkel of twee.

Baie mense het ook opgemerk dat dit die meeste Afrikaanse musiek was waarop hulle nog gedans het. Danksy 'n beweging in Suid-Afrika wat tradisionele en ouer Afrikaanse popliedjies met 'n nuwe disko-rige baadjie (met Afrikaanse woorde daarby) aanbied, was dit heerlik om te sien hoe maklik almal met elke moontlike dansstyl inval en dans, ongeag die taal waarin die liedjies gesing word.

'n Spesiale woord van dank gaan aan die Hefer-gesin van Auckland, vir hul hulp met die dans se reëlings. Baie dankie aan Martin, Magda, Christo en Stephan Hefer vir jul harde werk. Baie dankie ook aan Katryn en Riekie. Dankie ook aan Albert Bredenhann vir die musiek. Dan het 'n aantal jongmense ook gehelp met die opruim van die saal. Jammer, ons het nie al jul name nie, maar baie dankie ook aan julle.



                                                 terug na begin

   ontwerp deur :: mari
opgedateer :: apr 2005