Leeswedstryd
KiwiKasie 2004
Afrikaanse boekrak
Winter Dans
Kookwater Dans
Hunau Falls

Argiewe

KiwiKasie-dinamiet! En ‘n Pasella-gedoente…

Nie net een nie, maar TWEE Afrikaanse sangers word deur Die Afrikaanse Klub vir die KiwiKasie Fees na Nieu-Seeland gebring. Die Afrikaanse konsert met Coenie de Villiers en Karla du Plessis, wat vanjaar op 6 November in die City Impact Church-gebou in Auckland aangebied word, is sommer pure dinamiet! Haal jou feesskoene uit en kom geniet ‘n fees so lekker soos ouma se se doekpoeding! Lees verder

 


Kiwi-biblioteek open Afrikaanse boekrak!

'n Afrikaanse boekrak is onlangs deur die East Coast Bays Library in Browns Bay, Auckland geopen. Dit volg na maande se werk deur Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland om hierdie inisiatief van die grond te kry. Lees verder

 

Winterdans was ‘n heerlike sukses! (7 Augustus 2004)

Die Afrikaanse Klub van NS se jaarlikse Winterdans van die afgelope naweek het baie goed afgeloop - die groot rugby ten spyt. Oud en jonk het soos gewoonlik saam op die dansvloer gedans op talle soorte musiek. Lees verder

 

“Balke toe” in Kiwiland (21 Junie 2004)

Die Kookwater Dans het toe gebeur. En dit was balke-toe-lekker. Sowat 150 Afrikaanse Kiwi’s het op 29 Mei vanjaar bymekaar gekom en op die Kookwater Boere-orkes se heerlike ritmes geskoffel dat dit klap. En dit alles hier in Kiwi-land! Lees verder

 

Hunau Falls - stap

Die Afrikaanse Klub het op 3 April 2004 die rustige 'Suspension Bridge Loop' roete naby die Hunau Falls, suidoos van Auckland aangedurf. Ons kon nie vir 'n mooier dag gevra het nie.
Die jongspan op die foto hierbo moet nog deur hulle ouers opgeëis word. Geen ouer wou erken dis hulle kinders wat sulke skewe bakkies dra nie. Die foto hiernaas is van die Wairoa dam op die roete.






argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
opgedateer :: julie 2006