Leeswedstryd
KiwiKasie 2004
Afrikaanse boekrak
Winter Dans
Kookwater Dans

Hunau Falls

Argiewe

Kiwi-biblioteek open Afrikaanse boekrak!

‘n Afrikaanse boekrak is onlangs deur die East Coast Bays Library in Browns Bay, Auckland geopen. Dit volg na maande se werk deur Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland om hierdie inisiatief van die grond te kry.

Van “Vertellers 2” en “Vrouevertellers 1843-1993” tot “Triomf” van Marlene van Niekerk en “Die muur van die pes” deur André P Brink is beskikbaar. Of dalk val romanse soos in “Man in die skadu” of “Vrees nie meer, liefling” meer in jou smaak. Of wat van “Ek leer ken die natuur” of “Storiemuis” vir kleintjies en die Harry Potter-reeks in Afrikaans ? Dit alles en meer is daar te vind.

Hierdie Afrikaanse boekrak het sy ontstaan bykans twee jaar gelede gehad, toe gesprek met die betrokke biblioteek gevoer is. Daar is ook in Suid-Afrika met die ATKV gaan onderhandel oor die moontlikheid dat hulle ‘n aantal nuwe Afrikaanse boeke vir die doel kon skenk. Hulle het ingewillig en vandag kan Afrikaanse Kiwi’s op die noordoewer van Auckland die letterkundige vrugte pluk.

Ongeveer 200 boeke is deur die ATKV se LAPA-Uitgewers aan Die Afrikaanse Klub geskenk, hoewel dit twee eksemplare van elke boek behels. Die Klub het gemeen om liewer met 100 boeke vir die eerste biblioteek te begin en om die duplikaatstel beskikbaar te hou vir ‘n ander biblioteek wat dalk mag belangstel om hierdie voorbeeld te volg. Ander boeke, wat in ‘n goeie toestand was, is ook deur die Klub bygevoeg en vorm dit ook nou deel van die versameling. Dus is daar ‘n skaflike aantal boeke vir leeshonger immigrante beskikbaar.

‘n Plaaslike sake-egpaar, Jaco & Brenda Bosman van die SA Kaffee in Browns Bay, het die vervoer vanuit Suid-Afrika na Nieu-Seeland geborg.

Die Afrikaanse Klub besef dat die klein stel boeke nie noodwendig die meerderheid van leessmake sal bevredig nie. Daarom werk die Klub tans aan ‘n tweede fase van hierdie projek. Mariette McClement, Bestuurskomiteelid belas met Afrikaanse Taalprojekte, is besig om ‘n tweede stel boeke vanuit Suid-Afrika aan te koop. Die Klub het ‘n paar duisend dollar vir hierdie doel geoormerk en sal dit dus self aankoop. Die SA Kaffee sal weer vir die vervoer daarvan instaan.

Om te kyk wat beskikbaar is, volg hierdie stappe:

‘n Beroep word op immigrante gedoen om die Afrikaanse rak te ondersteun. Hoewel ongelooflike toegeneentheid van ons Kiwi-vriende by die biblioteek ontvang is jeens die projek, kan hulle slegs met dienste voortgaan indien die publiek dit gebruik.


argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
opgedateer :: apr 2005