Leeswedstryd
KiwiKasie 2004
Afrikaanse boekrak
Winter Dans
Kookwater Dans

Hunau Falls

Argiewe

Baie Boeke en ‘n WEDSTRYD vir Brokkies-lesers!

“Omdat heelwat mense blykbaar as gevolg van die vakansie ons Afrikaanse Boekresensie-wedstryd misgeloop het, is besluit om die sluitingsdatum met ‘n maand uit te stel.

“Die nuwe sluitingsdatum is nou Maandag, 7 Maart 2005.

“Ons moedig graag elke volwassene en tiener – wat binne bereik van die East Coast Bays-biblioteek in Browns Bay woon - aan om hierdie kans te benut om ‘n Afrikaanse musiek-CD van jou keuse los te lees. Ja, die Klub sal ‘n aantal koopbewyse uitreik, wat by die Bosmans se SA Kaffee (in Howick) of hul SA Shop (in Howick) vir ‘n Afrikaanse musiek-CD van jou keuse verruil kan word. (Beperk tot wat in voorraad sal wees.)

“Stuur asseblief jul inskrywings aan mariette@bosberaad.com Die maksimum aantal woorde wat ‘n mens mag skryf, is 200, maar dit mag ook in minder gedoen word! Spring gou! Daar is heelwat Afrikaanse musiek-CD’s te wen!”


Loer na die Afrikaanse boeke op die biblioteek se webblad…

Om te kyk wat beskikbaar is, volg hierdie stappe:
1. Gaan na http://draweb2.shorelibraries.govt.nz/
2. Onder Highlight Books at, kies East Coast Bays Library en kliek dan Start
3. Aan die onderkant van die volgende bladsy, tik in die blokkie langs What’s it about:

‘n Bietjie agtergrond:

Net om die geheues te verfris: Hierdie is fase twee van ons Afrikaanse boekeprojek, wat verlede jaar begin het met die opening van ‘n boekrak vir nuwe Afrikaanse boeke by die East Coast Bays-biblioteek in Browns Bay, Auckland. Toe het die ATKV in Suid-Afrika - deur hul uitgewery, Lapa Uitgewers – die eerste stel aan Die Afrikaanse Klub geskenk.

Vanjaar het die Klub besluit om $4,000 van ons opgeboude fondse op ‘n uitbreiding van die versameling aan te wend. Mariette McClement het dit geselekteer en vanuit Suid-Afrika aangekoop. Die Bosmans van die South African Kaffee in Browns Bay en die South African Shop (in Howick, Auckland), het in albei gevalle die boeke GRATIS na Nieu-Seeland vervoer. Die tweede stel is nog nie op die rak nie, maar ons sal mettertyd vertel hoe die projek vorder.


argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
opgedateer :: apr 2005