Winterdans was ‘n heerlike sukses! (7 Augustus 2004)
Die Afrikaanse Klub van NS se jaarlikse Winterdans van die afgelope
naweek het baie goed afgeloop - die groot rugby ten spyt. Oud en jonk het
soos gewoonlik saam op die dansvloer gedans op talle soorte musiek. Daar was
weer ‘n hele paar Kiwi’s wat tot toemaaktyd gebly en ook saam
probeer “langarm” het! Dan praat ons nie eens van die lekker sop,
REGTE worsbroodjies en lekka Jan Ellis-poeding wat deur die Mocke-gesin aangebied
is nie!
Danksy Wilna Joubert (Die Afrikaanse Klub se Sosiale Koördineerder) was
dit ‘n baie goeie dans en he tons goeie terugvoering ontvang. Een persoon
het opgemerk: “Julle Klub se danse raak net beter en beter!” Wilna
het by die SA Kaffee in Browns Bay, Auckland ‘n
hele klomp geborgde geskenke gekry – van Suid-Afrikaanse wyne tot Springbokpette
en allerlei ander mooi en lekker dinge.
Hiermee ‘n groot DANKIE aan Wilna en die Hefer-gesin wat soos gewoonlik
gehelp het dat alles glad verloop het. Baie dankie ook aan die Bosmans van
die South African Kaffee vir hul voortgesette ondersteuning en borgskap.
Klik gerus hier
vir al die foto’s van die geleentheid.
argiewe terug na begin
