LENTEDANS was ‘n groot sukses
![]() |
Die Afrikaanse Klub van NS se Lentedans in Auckland gehou, was ‘n
groot sukses. Ouer en jonger het van vroegaand af gejol dat die byle huil,
tot en met middernag se toemaaktyd.
Jerry en Benita se musiek was baie goed ontvang en die heerlike ruimte wat
die Milford-skoolsaal bied en lekker dansvloer is baie goed ontvang. Dit is
verblydend dat so ‘n groot klomp tieners die dans bygewoon en dit duidelik
geniet het. Hierby verskyn solank een proe-foto van wat die aand gebeur het.
Ons sal mettertyd ‘n versameling foto’s van die aand op die Klub
se webblad plaas.

