LENTEDANS was ‘n groot sukses
Die Afrikaanse Klub van NS se Lentedans in Auckland gehou, was ‘n groot sukses. Ouer en jonger het van vroegaand af gejol dat die byle huil, tot en met middernag se toemaaktyd. Lees meer.
Speel saam vir dié venster na die toekoms
– ‘n Wedstryd vir Suid-Afrikaners –
Suid-Afrikaanse immigrantegesinne word uitgenooi om aan ‘n wedstryd deel te neem waardeur hulle ‘n bydrae sal lewer tot die Auckland Museum se restourasie. Die wedstryd bied ‘n geleentheid aan SA-immigrante om hul ontluikende geskiedenis in ons aangenome Kiwiland op simboliese, maar tog ook tasbare wyse te dokumenteer. Lees verder
Voorsitter van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns kom kuier in Kiwiland
Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland bied aan immigrante in Auckland 'n
seldsame geleentheid om na 'n kenner vanuit Suid-Afrika op die gebied van
Afrikaans, die wetenskap en die kunste te luister.
Prof. Hennie van Coller, Voorsitter van die Akademie vir Wetenskap en Kuns
in Suid-Afrika sal 'n paar dae in Nieu-Seeland deurbring en het die Klub se
uitnodiging aanvaar om op Donderdagaand, 4 Augustus 2005 in Auckland 'n praatjie
te lewer. Lees verder
Steve Hofmeyr: Die note sterf stadig weg…
Steve Hofmeyr se populariteit was baie duidelik in New Zealand toe meer as
1,400 mense in Julie Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland se twee KiwiKasie-konserte
in Auckland bygewoon het. Voeg daarby ‘n rekordbywoning van 500 mense
in Hamilton en uitverkoopte vertonings in Christchurch en Wellington, met
puik bywoningstalle in Tauranga, Palmerston North en New Plymouth en die toer
kan met sekerheid as ‘n reuse-sukses bestempel word. Lees
verder
Oujaarsdans ’05 bring jonk en oud bymekaar ...
Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland se Oujaarsdans 2005 het jonk en oud bymekaargebring en uit sy nate gebars. Sommige mense moes glad buite op die stoep sit weens gebrek aan ruimte in die saal van die Browns Bay Primary School in Auckland – en waarom dan nie? Lees verder
