Lentedans
Museum Projek
Prof. van Coller
Steve Hofmeyr
Oujaarsdans


Argiewe

Oujaarsdans ’05 bring jonk en oud bymekaar…                       Foto's hier

Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland se Oujaarsdans 2005 het jonk en oud bymekaargebring en uit sy nate gebars. Sommige mense moes glad buite op die stoep sit weens gebrek aan ruimte in die saal van die Browns Bay Primary School in Auckland – en waarom dan nie? Hulle wou nie die Klub se jaarlikse, gewilde Oujaarsdans misloop nie. En geoordeel aan hoe min mense voor middernag aanstaltes gemaak het om te gaan inkruip, was dit ‘n baie lekker dans.

Meer as 300 Afrikaanse Kiwi’s, ‘n hele aantal Engelssprekende Suid-Afrikaners en selfs ‘n klompie Kiwi’s het hierdie heerlike sosiale geleentheid gate uit geniet.

Jerry en Benita Loretz se ritmes en klank was soms op-en-wakker, soms meesleurend, maar dit was heerlik en ge-olie en het oud en jonk op die dansbaan gehad. ‘n Balans van Afrikaanse en Engelstalige popliedjies is gespeel wat die meeste mense sou tevrede stel . Selfs die bekende en talentvolle plaaslike gesig, Dewald Kritzinger, het ‘n Afrikaanse nommer of twee gesing, soos net hy kan. En hoe lekker was dit nie om so baie tieners en kinders daar te sien saamdans nie!.

Die Bestuurskomitee bedank graag hiermee sy lid belas met sosiale funksies, Riaan Gerber, sy gesin en die ander helpers vir hul harde werk wat tydens die Desember-vakansietyd gedoen moes word. Hulle het verseker dat ‘n baie suksesvolle dans aangebied is.

Kyk gerus na die foto’s van die geleentheid.


argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
opgedateer :: feb 2006