Lucas Maree sien uit na sy tweede Afrikaanse Kiwi-toer
>>
Lees ook oor Monica Program
Borge Foto's
Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland bring vir Lucas Maree binnekort na Nieu-Seeland.
Hy begin op 29 September met ‘n landwye toer en sy hoofoptrede word
vir Saterdag, 30 September by KiwiKasie in Auckland beplan.
“Ek is baie opgewonde om weer my ou vriende en die natuurprag van Nieu-Seeland te besoek en my ou en nuwe Afrikaanse liedjies met Afrikaanse Kiwi’s te deel,” skryf Lucas vir ‘Brokkies’. “Ek en my dogter, Monica, is baie bly oor die geleentheid om hierdie voorreg saam te beleef. Ons sing deesdae graag saam.”
Lucas is ‘n ou hand as dit by buitelandse optredes (buite Suid-Afrika, natuurlik!) kom. Sy eerste optrede buite SA was in 2001 in Londen, by die eerste UKkasie-kunstefees wat by die Wembley Stadion-kompleks aangebied is. Daar het hy sy eerste Engelse album – Things – geloods. Dit was ook die eerste Suid-Afrikaanse CD wat in London vrygestel is. Vir die eerste twee jaar van UKkasie was Lucas ook voorsitter van die trust wat vir die fees verantwoordelik was.
Lucas onthou: “In hierdie tyd het ek ook twee radio-onderhoude met BBC 5 gehad. In die een onderhoud het ek oor my Engelse album gepraat, sowel as die stand van Suid-Afrikaanse musiek in die algemeen. Tydens die ander onderhoud was ek ook deel van ‘n paneel wat ‘n debat gevoer het oor die vermoë van die liedjieskrywer om sosiale en politiese persepsies te skep! Ons het ook debatteer oor die onderwerp: ‘Het kuns staatsondersteuning nodig of nie’ ”.
Hy het daarna nog verskeie kere by UKkasie opgetree, ‘n draai in Amersfoort, Nederland gemaak en ook ‘n paar optredes in koue Kanada gehad. Soos reeds bekend, het Lucas ook in 2001 na Nieu-Seeland gekom en ‘n paar vertonings gelewer.
Lucas beskou sy eerste optrede op die Royal Albert Hall se verhoog as ‘n hoogtepunt in sy musiekloopbaan. Hy vertel ook dat hy intussen sy eie ateljee by die huis gebou het. “Nou kan ek lekker by die huis werk en vir my kinders ook CD's maak,” sê hierdie vriendelike gesinsman.
O, ja… Dan speel hy ook vir die eerste keer toneel in 'n vollengte “movie” – maar meer daaroor later. Daar is glo ook nóg 'n fliek op pad!
Die goeie nuus vir mense wat daarvan hou om Afrikaanse musiek te speel en sing, is dat Lucas se liedjies nou in 'n boek verskyn. Hy het al die akkoorde asook klavier- en kitaarverwerkings daarin opgeneem.
Behalwe vir sy gewilde nommers bring Lucas ook 'n klomp splinternuwe liedjies saam Kiwiland toe. Hy werk ook aan 'n Kersfees-CD - nog 'n eerste.
Ou Lucas, solank jy net weet hier is klaar mense wat laat weet het as jy nie jou ou treffer “Miljoen” gaan sing nie, gaan hulle liggies “afgedinges” wees!
Monica Maree opgewonde oor haar eerste Kiwi-toer
Waar om te begin... Ek is al van kleintyd af vreeslik lief vir musiek. Ek
het grootgeword onder tafels en langs kampvure terwyl my pa, Lucas en ander
wonderlike musikante gesit en jam het tot laat in die aande. En ek het net
besluit eendag wil ek ook deel van die "magic" van musiek wees.
Ek het my heel eerste opname in die ateljee gedoen toe ek maar net 6 jaar
oud was. Die Eensame Krokodil is 'n liedjie wat ek en my pa gekies het vir
die TV-program Musiek Mosaik. Die liedjie verskyn ook op die Lucas en Kie-cd.
Op sesjarige ouderdom het ek ook my eerste ondervinding gehad van sing voor
'n gehoor en ek moet sê, dit was 'n belewenis!
Daarna het ek eers gefokus om so bietjie deur die skool te kom. Toe herontdek
ek my liefde vir sing toe ek 15 was by een van my pa se jaarlikse liedjieskryfskole
wat hy gedoen het saam met die ATKV. In 2000 het ek vir die eerste keer saam
my pa opgetree as gas-kunstenaar op die program DRAADLOOS op Kyknet. Dis ook
waar ek op 'n gereelde basis saam met my pa die land vol begin toer het.
In 2001 het ek by die ATKV-Liedjiewerkswinkel 'n liedjie "Of jy onthou"
van Meryl Van Nooie gesing en die liedjie het gewen. Daarna het ek die voorreg
gehad om die liedjie weer op DRAADLOOS te kon sing. Die liedjie is ook later
deur Laurika Rauch opgeneem.
In 2002 is ek saam met pa Lucas na Ukkasie in Stevenage asook Eurokasie in
Amersfoort, Holland waar ek ook saam met my pa opgetree het.
Ek het in 2004 die voorreg gehad om 'n wonderlike show, Lucas en Kie, saam
met my pa en my sussie Linda by KKNK te doen, sowel as by Aardklop en dit
was 'n reuse-sukses.
En nou is ek op pad Nieu-Seeland toe en ek kan my opgewondenheid nie beteuel
nie. Ek wou nog altyd soontoe gegaan het en nou word my droom bewaarheid.
Ek werk nou aan my eerste CD en ek wil graag ook eendag in my eie reg as 'n
musikant erken word. Ek hoop om vir jare nog my droom te kan uitleef deur
te toer en mense se lewens met my musiek te verryk.
Lucas Maree & Monica se optredes
Onderstaande lys sal geleidelik aangevul word, namate die organiseerders verdere inligting aan ons bekend maak.
| Hamilton |
||
| Plek: | Fairfield Intermediate School Auditorium, Clarkin Road, Hamilton. | Kaartjies beskikbaar by:
|
| Tyd: | 19:00 | |
| Toegang: | Volwassenes $15, kinders (14 jaar en onder) $10. | |
Navrae: |
Ds. Johan Hendricks, by johanh@xtra.co.nz, 07-855 3329 |
|
| Auckland Saterdag, 30 Sept 2005 – Aanbieder: Die Afrikaanse Klub van NS |
||
| Plek: | City Impact Church, 794 East Coast Road, Browns Bay | Kaartjies sal vanaf 28 Augustus 2006 beskikbaar
wees by: Die SA Shop se winkels in Orewa, Browns Bay en Howick Freds Fine Foods se winkel in Albany Artikel by www.afrikaans.org.nz |
| Tyd: | 17:30 vir 18:00 | |
| Toegang: | Klublede: $15 (volw) en $10 (skoolkinders) Nie-Klublede: $20 (volw) en $12 (skoolkinders) |
|
| Navrae: | Thys Oosthuizen: die.afrikaanse.klub@clear.net.nz | |
| Verversings sal voor die vertoning en tydens pouse te koop aangebied word. Meer besonderhede volg later. | ||
| Tauranga Sondag, 1 Oktober 2006 – Aanbieder: South African Club van Tauranga |
||
| Plek: | Otumoetai Baptist Church, 241 Otumoetai Weg, Tauranga | Kaartjies beskikbaar by: Greg's Pharmacy, 805 Cameron Rd, Paper Plus Books, Goddards Centre Of kontak ons by saklubtauranga@hotmail.com |
| Tyd: | 18:00 | |
| Toegang: | Volwassenes $25:00, kinders $15 | |
| Navrae: | Poppie Engelbrecht 07 552 4900 | |
| Napier Dinsdag, 3 Oktober 2006 – Aanbieder: Tanya Kruis (Privaat) |
||
| Plek: | Bay City Outreach Centre, 1200 Omahu Road, Hastings | Kaartjies beskikbaar by: Tanya Kruis: sms 021 057 5748 of 06 879 4224 (h) of e-pos: famkruis@slingshot.co.nz |
| Tyd: | 19:00 | |
| Toegang: | Volw: $25, kinders 6 tot 12: $10, onder 6 jaar is gratis | |
| Navrae: | Tanya Kruis, by famkruis@slingshot.co.nz | |
| New Plymouth Donderdag, 5 Oktober 2006 – Aanbieder: Richard Marais (Privaat) |
||
| Plek: | St Andrews kerksaal, New Plymouth | Kaartjies sal vanaf 28 Augustus beskikkbaar
wees by: Richard Marais 06 769 9201 (h) of 027 252 6123 e-pos: REBMARAIS@xtra.co.nz |
| Tyd: | 7:00 vir 7:30 nm | |
| Toegang: | Volw $20, kind $10 tot 17 Sept, daana $25 en $12 onderskeidelik | |
| Navrae: | Richard Marais, by REBMARAIS@xtra.co.nz | |
| Wellington Vrydag, 6 Oktober 2006 – Aanbieder: Reformed Church of Kapiti Mana |
||
| Plek: | Memorial Theatre by Victoria Universiteit | |
| Tyd: | 19:30 | |
| Toegang: | $25, $20 en $15 | |
| Navrae: | Ria van Greuning 04 232 33802 of 021 10320126 en Marionette Chaney 04 235 7518 of 027 235 7518 |
|
| Christchurch Saterdag, 7 Oktober 2006 – Aanbieder: Jaco Swart (Privaat) |
||
| Plek: | The Great Hall @ The Arts Centre, h/v Worcester Blvrd & Rolleston Ave | Kaartjies is reeds beskikbaar. Besoek onderstaande webblad vir volledige besonderhede oor Lucas Maree se konsert http://www.swart.co.nz/afrikaans?nb1 |
| Tyd: | 19:00 | |
| Toegang: | Volw $20 tot 23 Sept, daarna $25. Kinders $10, skootsitters Gratis | |
| Navrae: | Jaco of Marietjie Swart, by marietjie@swart.co.nz | |
Hier is ons KiwiKasie-borge
Die Afrikaanse Klub van NS is baie dank verskuldig teenoor ons borge vir
vanjaar se KiwiKasie:
Hoofborge
South African Shop,
van Jaco Bosman en Marlize Ligget.
Hulle adverteer onder “Besigheid” en het
winkels in Browns Bay, Orewa en in Howicks
170 Wellington St, Howick - Tel 533 7085 OF 74 Clyde Rd, Browns Bay, tel 479
3647. Web: www.saproducts.co.nz
AI Financial Services,
van Richard Piechazek, vir professionele huisfinansiering
en tegniese advies met huiskoop. (Hy adverteer onder “Besigheid”)
Tel: (09) 479 8449 / 027- 222 2116
Fritz Swart Versekeringsdienste, vir
alle Suid-Afrikaanse- en Nieu-Seelandse versekeringsbehoeftes. Fritz
Swart adverteer ook onder Brokkies se “Besigheids-kategorie”.
Webblad: www.fritzswart.co.nz / E-pos: fswart@xtra.co.nz
Ondersteunende borge:
Charis Recruitment, van Pieter Erasmus, fokus
op die plasing van tegniese en mediese personeel. Tel. (09) 473-9336 of 021-165
5358;
e-pos: pieter@charis.co.nz; webblad: http://www.charis.co.nz/
Stationery World Direct, van Marietjie en David
Vorster
in Albany, Auckland, by tel. (09) 414-4238 of in Silverdale, tel. (09) 421-0192
Webblad: www.swd.co.nz of E-pos: stationeryworld@swd.co.nz
Baie dankie dat julle weer bereid is om soveel in jul gemeenskap te investeer.
Ons vertrou dat die Suider-Afrikaanse immigrantegemeenskap julle goed sal
ondersteun en aan vriende en familie sal aanbeveel. Nogmaals baie dankie vir
jul groothartigheid om ons KiwiKasie moontlik te maak.
