Projekte vir die jaar 2006


Argiewe

Oujaarsdans

Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland het aan die einde van verlede jaar seker sy mees suksesvolle Oujaarsdans nog aangebied.
Groot getalle sokkiejol-liefhebbers het opgedaag en gou moes mense hul opvoustoele uit die motors gaan haal om sitplek in die ruim East Coast Bays Leisure Centre in Browns Bay, Auckland te kry.

Soos gewoonlik is allerlei dansstyle - langarm, los dans, lyndans en “treintjies” - tot groot vermaak van ander sokkiejollers op die heerlik-gladde dansvloer uitgestal. Die goeie musiekverskeidenheid deur Jerry en Benita Loretz het gehelp om ‘n baie goeie atmosfeer te skep. Die breedste spektrum ouderdomsgroepe het die dans bygewoon en dit was goed om te sien hoe almal saam op ordentlike wyse kan baljaar en ontspan. Die atmosfeer was gunstig vir enkellopendes, jong paartjies en gesinne en almal kon die aand hartlik geniet.

Die Oujaarsdans was vet pret; kyk na die foto's van die geleentheid.

 

Lentedans

Heerlike pret ... foto's

 

Vir KiwiKasie 2006… Lucas Maree & dogter Monica!

Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland bring in September 2006 vir Lucas Maree na Nieu-Seeland vir KiwiKasie 2006. Ses jaar gelede was Lucas ook hier, toe die Klub die eerste keer ‘n Afrikaanse sanger na Nieu-Seeland gebring het, vir die eerste KiwiKasie. Hierdie keer kom Lucas met ‘n mengsel van ou gewilde treffers en heelwat nuwe liedjies om met Afrikaanse Kiwi’s te kom deel. Lees verder.


Winterdans

Die jaarlikse Winterdans is weer in Junie gehou en was dit pret !  Foto's

 

Olie daai litte!’ - Dewald en Frikkie hou konsert

Elke liefhebber van lekker opgewekte Afrikaanse musiek mag hierdie konsert nie misloop nie… Dewald en Frikkie – Auckland se gewilde Afrikaanse musiekpaar – hou op 1 Julie hul eerste eie konsert. Hulle sal heelwat van die liedjies speel wat reeds gereed is vir hul eerste Afrikaanse musiek-CD bestem. Lees verder

 

Afrikaanse Kiwi’s wys hul gewildste Afrikaanse treffers aan

Die immergewilde Afrikaanse liedjie Kinders van die Wind is deur Afrikaanse Kiwi’s aangewys as hul top Afrikaanse liedjie van alle tye. Koos du Plessis se weergawe het Laurika Rauch se weergawe van dieselfde lied met ‘n kortkop geklop. Lees verder


argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
opgedateer :: jan 2007