2007




Rekordgetal mense by ons Herfsdans!                                 >> Foto's

Die afgelope Herfsdans van Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland was die grootste wat nog ooit gehou is! Mense is vooraf gewaarsku om liefs hul kampstoele saam te bring, en ook maar goed so, want dit was sommer in ‘n japtrap nodig, maar steeds het die mense ingestroom. Meer as 400 mense het die Herfsdans bygewoon en hulself gate uit geniet. En soos ons uitnodiging versoek het, het mense van alle ouderdomsgroepe opgedaag.

Jerry en Benita Loretz het hulself weer puik van hul taak gekwyt en die sokkiejollers op ‘n goeie verskeidenheid en balans van musiek getrakteer. ‘n Paar Kiwi’s wat van buite af ingekom het om te sien wat aangaan, het hul verbasing uitgespreek dat ons Suid-Afrikakaners dit kan regkry om soveel ouderdomsgroepe saam te laat partytjie hou - en so ordentlik!

Ons sê hiermee baie dankie aan die Bestuurskomitee en hul gesinne wat hard gewerk het aan die voorbereiding en opruiming na die tyd, en aan die ander persone wat ook hand gegee het.

 

argiewe                          terug na begin

   ontwerp deur :: mari
opgedateer :: mei 2007