2007 Projekte


Ons ondersteun ons kultuur- en taalvennote
Lees hier


Argiewe


Oujaarsdans 2007

Die Afrikaanse Klub se afgelope Oujaarsdans was volgens alle terugvoering ‘n reuse sukses; hier is die foto's.


Heerlike Lentedans!

Die Lentedans was weer so gewild soos altyd, gaan kyk self hier.


Ons geniet die Winterdans...

Tot en met middernag se ‘toemaaktyd’ was baie na aan al 400 mense steeds by die dans.  Dit is nou Die Afrikaanse Klub se WinterDans wat die afgelope naweek aangebied is, en wat puik ondersteun is.  Al die kaartjies was voor die tyd uitverkoop en almal het ‘n heerlike tyd gehad.

Hiermee sê ons graag GROOT dankie aan Fritz Swart, Bestuurskomiteelid van die Klub vir sy goeie reëlings, asook vir die ander BK-lede en helpers vir hul mooi ondersteuning.

Die foto's spreek boekdele... Gaan kyk self hier


Rekordgetal mense by ons Herfsdans!

Die afgelope Herfsdans van Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland was die grootste wat nog ooit gehou is! Mense is vooraf gewaarsku om liefs hul kampstoele saam te bring, en ook maar goed so, want dit was sommer in ‘n japtrap nodig, maar steeds het die mense ingestroom. Meer as 400 mense het die Herfsdans bygewoon en hulself gate uit geniet. En soos ons uitnodiging versoek het, het mense van alle ouderdomsgroepe opgedaag. Lees verder

 

argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
opgedateer :: jan 2008