‘Versekeringsveteraan’ trots om Hoofborg van KiwiKasie te wees
“Dit is vir my ‘n voorreg om weer as een van KiwiKasie se borge op te tree,” sê Fritz Swart, bekende versekeringsman in Nieu-Seeland. Fritz Swart Versekeringsdienste is een van Die Afrikaanse Klub se drie Hoofborge vir hierdie musikale geleentheid .
Fritz het reeds byna 25 jaar ondervinding in die versekeringsbedryf, waarvan die afgelope sewe jaar in Nieu-Seeland. Sy goeie ervaring en kennis sluit in raadgewing oor mense se onafgehandelde polissake in Suid-Afrika, asook ‘n deeglike begrip van versekeringsmaatskappye en –produkte in Kiwiland.
“Ons help mense met enigiets van nuwe, bekostigbare versekeringsdekking in Nieu-Seeland, of die hersiening van hul bestaande Nieu-Seelandse dekking by toonaangewende versekeraars,” sê Fritz.
Hul produkte sluit in lewens-, mediese-, huis- en motorversekering, maar hulle lewer ook vele meer dienste en produkte, byvoorbeeld gratis “Kiwi-testamente”.
En dit maak nie saak waar mense in Nieu-Seeland woon nie. Hul dienste word landwyd gelewer.
Indien jy iemand ken wat beplan om na hierdie groen land te verhuis, beveel gerus aan dat hulle Fritz se webblad besoek. Sy gewilde ‘Tips on moving to New Zealand’ bevat baie goeie inligting oor Nieu-Seeland wat nie oral beskikbaar is nie. Daar is ook pragtige foto’s van die land.
argiewe terug na begin
