KiwiKasie 2008 met Jannie & Annake Moolman


Jannie & Annake Moolman
Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland bring vir Jannie Moolman en sy vrou Annake de Villiers na Nieu-Seeland vir KiwiKasie 2008. Hulle sal tussen 16 en 19 Oktober ‘n kort toer in Kiwiland onderneem.
Die hoofoptrede by KiwiKasie vind plaas op Saterdag 18 Oktober. Hulle tree ook op in Wanganui (Donderdag 16 Oktober), Hamilton (Vrydag 17 Oktober) en in Wellington (Sondag 19 Oktober).
Die Afrikaanse Klub het oudergewoonte ander Suid-Afrikaanse instansies in Nieu-Seeland uitgenooi om fondsinsamelingskonserte met ons gaskunstenaars aan te bied. So word die optredes in Hamilton en Wellington vanjaar deur die plaaslike gemeentes van die Afrikaanse Christen Kerk van NS aangebied. Die Whanganui Holiday Park is vanjaar vir die eerste keer betrokke.
Die Afrikaanse Klub werk soos vorige jare ook saam met die Afrikaanse Klub Australië, waar die kunstenaars in Brisbane sal optree.
KiwiKasie: ‘n Lekker voorprogram wag!
Met elke KiwiKasie stal Die Afrikaanse Klub ons plaaslike Afrikaanse talent in die voorprogram uit. Op 18 Oktober is dit nie anders nie, want ou bekendes soos Dewald en Vriende, Umoya-vrouesanggroep en ‘n klein sanggroep van die Auckland City Dukes tree weer op.
Die Klub probeer om elke jaar nuwe talent by die program te voeg, en vanjaar het Andries van den Berg en Yolande moed geskep en hulle is gereed om hul buiging voor ‘n groot gehoor te maak.
Elkeen van die vier groepe in die voorprogram het sowat 10 minute om hul talent ten toon te stel - van hulle sing twee liedjies en ander drie. Elke groep sing liedjies wat nog nie by KiwiKasie gehoor is nie.
KiwiKasie 08 – Hoe kry mens kaartjies?
Wanganui
Datum: Donderdag 16 Oktober 2008
Plek: War Memorial Hall, Watt street, Wanganui
Tyd: 7nm vir 7.30nm
Toegang: Volwassenes $25; Skoolkinders $10; onder 10 gratis
Navrae: wrivertop10@xtra.co.nz of somme430@xtra.co.nz
Tel 3438402 (André of Martie van Schalkwyk)
Verversings sal te koop wees.
Hamilton
Datum: Vrydag 17 Oktober 2008
Tyd: 7:30 nm
Plek: St Pauls College Chapel, Hukanui Road, Chartwell, Hamilton
Toegang: Volwassenes $25; hoërskoolkinders $15; haerskool: $10
Kaartjies: Stephanie Maritz 07 854 3415 of maritzfamily@xtra.co.nz of kerkkantoor 07 855 3329 of kerkkantoor@ackhamilton.co.nz
Auckland
Datum Saterdag 18 Oktober 2008
Tyd: 6.15 vir 6.30 nm
Plek: City Impact Church Ouditorium, 794 East Coast Rd, Browns Bay
Toegang: Klublede: Volwassene $15; skoolgaande kind $8
Nie-Klublede: Volwassene $25; skoolgaande kind $15
Kaartjies: Freds Fine Foods en die SA Shop-winkels in Browns Bay, Howick
en Whangaparaoa
Lekker kos en verversings te koop voor die konsert en tydens pouse. Ondersteun asseblief die jeug van die ACK Auckland se kostafel.
Wellington
Datum: Sondag 19 Oktober 2008
Plek: Wainuiomata Community Hall
Tyd: Kaas en wyn begin om 5.30nm
Kaartjies: $35 per persoon.
Navrae: Ds Jaco Rheeder, jaco@ackwellington.co.nz
KiwiKasie 2008 – Meer oor ons kunstenaars
Jannie Moolman
Jannie Moolman is in Kwazulu-Natal gebore. Hy het sy operaloopbaan in 1990 as tenoor begin, na die voltooiing van sy BA-Kommunikasiekundegraad aan die Universiteit van die OVS. Sy leermeesters sluit in Gudrun Barella, Martia Napier en Eric Muller.
Jannie het in 1992 ‘n solosanger by die Staatsteater in Pretoria geword en rolle in operas vertolk soos Attila, Lucia di Lammermoor en Pagliacci.
Hy het sedert 1994 in operas in Kaapstad opgetree, bv. as Pinkerton in Madam Butterfly en Don José in Carmen, met ander hoofrolle in La Boheme, Don Pasquale, La Traviata, Rigoletto en Nabucco, om enkeles te noem.
Maar Jannie se veelsydigheid het hom ook op die ligte Afrikaanse musiekfront tot ‘n huishoudelike naam verhef. Hy het al opgetree by feeste soos Spier, Klein Karoo Kunstefees, Aardklop en die Grahamstadse Kunstefees. Dan word hy ook gereeld by die Huisgenoot Skouspel gesien.
Hy het deur die jare verskeie toekennings ontvang, soos die FNB Vita Life-toekenning vir die mees belowende sanger vir die rol van Arturo in Lucia di Lammermoor (1992) en die State Theatre/SAA Opera Foundation-toekenning (1993).
Sy konsertloopbaan sluit in uitvoerings soos Händel’s Messiah, Schubert se Miss in G, Beethoven se Negende Simfonie, Mozart se Requiem en meer.
Hy het al opgetree saam met orkesleiers soos Gabar Otvös, Carlo Franci, Gérard Korsten, Bruno Aprea en Reinhard Schwarz. Hy het opgetree in Oostenryk, Duitsland, Engeland, Hong Kong, China en verskeie Afrikalande.
Jannie was voorheen deel van die bekende groep ONS EIE DRIE TENORE. Hy het ook saam met Karen Meiring opgetree in KLASSIEKE PELLE. Hy tree ook gereeld saam met Rina Hugo op, nadat hulle saam in die Klein-Karoo Kunstefees-produksie van Gé Korsten se HOOR MY LIED opgetree het.
Jannie, Dozi en die Afrika Mamas is in 2004 met die HERRIE PRYS tydens die KKNK10 bekroon. Hierdie prys word toegeken aan die kunstenaars wat die grootste ‘herrie’ tydens die fees veroorsaak. Dit is beslis wat Jannie, Dozi en die Afrika Mamas gedoen het met hierdie ‘cross-over’-produksie, waarin Jannie ook komtemporêre musiek en blues sing.
Sy tweede CD, HOëVELD KLEURE, het in 2005 verskyn. Hierdie CD is ‘n groot sukses met liedjies soos IN DIE HOëVELD, DIE BYTELTJIE, HOOG BO DIE SON, HIER IS ‘N MENS en GRANADA.
In 2006 het Jannie ook kragte saamgesnoer met Joseph Clark, vir die vertoning VIVERE. Hierdie vertoning sluit rock, ligte musiek, jazz, blues en klassieke ververkings in en trek groot gehore reg oor Suid Afrika. Na vele versoeke stel Jannie en Rina Hugo ook in 2006 hulle eerste duet-CD vry met liedere soos TIME TO SAY GOODBYE, YOU’LL NEVER WALK ALONE EN JERUSALEM daarop.
Gedurende Julie 2007 word Jannie se derde CD, EK KOM HUISTOE, vrygestel. Hierdie album bestaan uit ‘n goed deurdagte repertoire. Nuwe, sielvolle ballades soos EK HOU VAN JOU en IEMAND SOOS JY asook die titelsnit EK KOM HUIS TOE neem jou saam op ‘n reis. Hierdie album het ook ‘n ligter, speelse kant met slim verwerkings deur Janine Neethling van die ‘Kat hom weer’ en ‘Angelina / Zooma zooma’.
Annake de Villiers
Annake, se wortels ook deeglig in die klassieke genre geanker en met haar eiesoortige flair vir meer kommersiële musiek, kan sy sekerlik bestempel word as een van Suid-Afrika se mees veelsydige en opwindende violiste.
Sy word gereeld op die verhoog gesien saam met top Suid-Afrikaanse kunstenaars, wat insluit Steve Hofmeyr, Mathys Roets, Danie Niehaus en Jannie Moolman. Sy tree ook gereeld as solis op met die Johannesburg Festival Orchestra, Kaaptstadse simfonie-orkes asook KZN Simfonie-orkes.
Op die internasionale front het sy al ‘n verhoog gedeel met sterre soos Josh Groban, Helmut Lotti, Luciano Pavarotti, Patrizio en Joshua Bell.
Annake het drie jaar in die buiteland spandeer; onder andere in Engeland, Brasilië en die Midde-Ooste. Dis veral in Brasilië waar sy ‘n liefde vir meer kommersiële musiek ontwikkel het.
Met haar terugkeer na Suid-Afrika het sy by verskeie orkeste betrokke geraak. Hier het sy ook die waters van kommersiële musiek getoets in gewilde produksies soos Rock me Amadeus en Roll over Beethoven.
In 2004 stel sy haar eerste CD, U-turn vry. Dit bestaan uit ‘n verskeidenheid liedjies wat strek van Mannetjies Roux en Harlekyn tot by Scent of a Woman en Libertango.
Annake beskou die vrystelling van haar Kersalbum, Santa’s Violin, as ‘n hoogtepunt. Dit is ‘n instrumentale album met gunstelinge soos Koos Du Plessis se Somerkersfees, Stille Nag, Jerusali, Herders op die Ope velde, asook ‘n paar goue Bony M-treffers soos Mary’s Boy Child, Rivers of Babylon en White Christmas is hierdie ‘n lekkerluister album. Daar is ook mooi snitte soos Little Drummer Boy, die Franse Kerslied en Jingle Bells.
KiwiKasie 2008 – Ontmoet ons borge
Die Afrikaanse Klub kan nie so ‘n groot en duur projek aanpak sonder die ondersteuning van sterk borge nie. Hier verskyn die name van al die maatskappye – almal in Suid-Afrikaners se besit – wat hulself tot borgskappe van KiwiKasie 2008 verbind het.
ANKERBORG
Lees meer oor SAFE hier.
Fritz Swart Versekeringsdienste
Tel. (09) 475 5250 (www.fritzswart.co.nz)
Lees meer oor Fritz Swart Versekeringsdienste hier.
The South African Shop
Tel. (09) 476 3413 (www.saproducts.co.nz)
Lees meer oor die South African Shop hier.
AI Financial Services
Tel. (09) 479 8449, of selfoon 027-2222116
Lees meer oor AI Financial Services hier.
Steunborge
• Pit Stop Browns Bay
Beach Road 749, Browns Bay – Tel. (09) 479 5311 of 479 5314
Lees meer oor Pit Stop Browns Bay hier
• Stationery World Direct
Unit 3/3, William Pickering Dve, Albany (Ook in Silverdale) Tel. (09) 414 4238 / Web: http://www.swd.co.nz/index.html
Lees meer oor Stationery World Direct hier
• Charis Recruitment
http://www.charis.co.nz/
Lees meer oor Charis Recruitment hier
Ons borge help ons om die kaartjiepryse so laag as moontlik te hou sodat dit bekostigbaar is vir gesinne om hierdie spesiale aand by te woon, veral aangesien ons Afrikaanse Kiwi’s nie so baie geleenthede om ons kinders aan goeie Afrikaanse vermaak bloot te stel nie.
Die Bestuurskomitee bedank graag al hierdie borge vir hul betrokkenheid en ondersteuning. Ons moedig graag almal aan wat hierdie lees en moontlik van ons borge se dienste gebruik kan maak, om hulle te ondersteun. Hulle verdien ons gemeenskap se ondersteuning omdat hulle bereid is om geld in ons kulturele en sosiale belang te belê.
argiewe terug na begin



