Drie Steunborge vir KiwiKasie
Steunborg: Pit Stop Browns Bay
Pit Stop Browns Bay is baie bekend onder Suider-Afrikaanse immigrante op die North Shore van Auckland. Eienaar Martin Hefer en sy kollegas lewer al geruime tyd ‘n baie betroubare motorherstel en -versieningsdiens – teen billike pryse.
Martin sê dit is vir hom ‘n plesier om met hierdie kontantborgskap iets aan ons immigrante-gemeenskap terug te gee.
“Jannie Moolman en Annake de Villiers is puik kunstenaars, wat ‘n kwaliteit-konsert aanbied. Ek is trots om my besigheid aan hierdie vlagskipprojek van Die Afrikaanse Klub te verbind.”
Pit Stop is Nieu-Seeland se oudste en vooraanstaande ondermotor-spesialis herstelwerkgroep en het 55 takke landwyd. Hulle is MTA-geakkrediteer en baie ervare. Probeer gerus hul gratis remveiligheidsondersoek.
Skakel Martin of Peter by 479 5311 / 479 5314 of loer in by Beach Road 749, Browns Bay, North Shore City.
Steunborg: Stationery World Direct
Marietjie en David Vorster – eienaars van Stationery World Direct – is al jare lank by Die Afrikaanse Klub as borg betrokke. Hulle borg gereeld die Klub se KiwiKasie, en borg vanjaar weer al die drukwerk.
Stationery World Direct is ‘n groeiende familiebesigheid wat reeds uit ses takke in die Aucklandstreek bestaan. Hulle bied ‘n baie wye reeks skryfbehoeftes – vir die huis, vir besighede en vir skole. Dan het hul drukfasiliteite al tot ‘n formidabele diens uitgebrei. Feitlik enige drukwerk is vir hulle moontlik.
“Mense kan ons besoek of sommer op ons webblad gaan kyk wat hulle benodig en aanlyn bestellings plaas,” sê die vriendelike Marietjie. Hul webadres is http://www.swd.co.nz/index.html
“Ons word deur individue ondersteun en het ook ‘n groeiende korporatiewe kliëntetal. Besighede is baie beïndruk met ons reuse-verskeidenheid produkte in die meeste skryfbehoefte-kategorieë. Afgesien van ons gereelde afslagaanbiedinge bied ons ook spesiale kontrakpryse aan rekeninghouers.”
Hul besigheidsure is Maandag tot Vrydag, 8.30vm tot 5.30nm en op Saterdae van 9vm – 2nm, en tot 3nm in sekere gebiede. Besoek hulle gerus by die tak wat die naaste aan jou is:
- Albany: 3/3 William Pickering Drive, Albany - T: 09 414 4238
- Silverdale: 24 Silverdale Street, Silverdale - T: 09 421 0192
- Kumeu: Shop 4D, 86 Main Road, Kumeu - T: 09 412 5348
- Mairangi Bay: 59B Apollo Drive, Mairangi Bay - T: 09 479 3914
- Whangaparaoa: 637 Whangaparaoa Road, Whangaparaoa - T: 09 428 5628
- Waimauku: Unit 7B Waimauku Village, Waimauku – T: 09-4118294
Charis Consulting Limited is ‘n Nieu-Seelandse personeel-werwingsagentskap wat na die behoeftes van werksoekers en werkgewers omsien.
Hulle soek mense plaaslik en oorsee, en voeg verder waarde toe deur dienste soos immigrasie-ondersteuning (bv. werkpermitte), bywerking van CV’s, raad vir werkonderhoude en die nagaan van referente. Volgens Pieter Erasmus ondersteun hulle werkgewers deur deeglike onderhoude met alle kandidate te voer.
“Ons probeer om daarmee die regte vaardighede en persoonlikhede met die regte pos te koppel. By Charis werk ons ervare werwers saam met besighede om seker te maak die besigheid se behoeftes, besigheid en werwingsbehoeftes word goed verstaan. Daarom het ons ‘n hoë voorkoms van herhalende besigheid,” sê Pieter.
Hy sê hulle het veral baie ervaring op die gebiede van medies, elektries, ingenieurswese, en algemene ambagte.
“Gaan lees gerus op ons webblad wat ons nog alles aanbied,” sê Pieter.
Charis se webadres is http://www.charis.co.nz/
argiewe terug na begin
