KiwiKasie-terugblik – Jannie & Annake maak baie vriende!
Ou Julius Ceasar het in 47VC met hierdie befaamde woorde teenoor sy Senaat gespog nadat hy Pharnaces van Pontus oorwin het: Vēnī, vīdī , vīcī.
Na Jannie Moolman en Annake de Villiers se KiwiKasie-konsert in Auckland op 18 Oktober 2008 – en hul optredes in Wanganui, Hamilton en Wellington - sou hierdie twee talentvolle kunstenaars dieselfde kon gesê het: Ons het gekom, ons het gesien, ons het oorwin. Hulle is nou wel nie die spog-tipe nie – nee, daarvoor is hulle te nederig, maar dat hulle talle en talle mense se bewondering en steun “oorwin” het, is gewis. Lees hier verder.
Die LenteDans was weer gewild soos altyd
Hier is die foto's om te bewys hoe almal dit geniet het.
Winterdans was ‘n reuse-sukses
ie Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland se WinterDans was weer ‘n reuse-sukses, danksy ‘n groot aantal mense wat opgedaag het en die lekker wakker Afrikaanse musiek wat deur Jerry & Benita gespeel is. Hier is die foto's.
Kom stap saam in oudste Kauri-woud in Auckland
Die Afrikaanse Klub se staptog in Wes-Auckland se berge kon toe nie die plaasvind nie, weens swaar reën.
HerfsDans 2008
Op die vloer was erg jonk, jonk, half jonk, byna middeljarig, heel middeljarig, ouer en byna oud, almal besig om te sokkiejol dat die biesies bewe! Dit was die toneel by Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland se onlangse HerfsDans wat in Browns Bay, Auckland aangebied is.
Hierdie soort tradisionele dansgeleentheid – waartydens grootskaals in die rondte gelang-arm word terwyl ander innie middel los dans - is die Klub se vernaamste sosiale aktiwiteit en vind vier keer per jaar in Auckland plaas. By hierdie geleenthede ontmoet mense mekaar, hetsy hulle as alleenlopers of paartjies soontoe gaan om die aand se musiek, dans, gesels en eet te geniet.
Kiwi-vriende wat saamkom slaan gewoonlik hul hande saam as hulle sien hoe ons klomp ‘Japies’ so gemaklik kan partytjie hou met mense van alle ouderdomsgroepe wat dit saam doen. Op ons manier leer mense mekaar se musieksmake respekteer en is daar ‘n verskeidenheid daarvan, maar die lewendige tradisionele, langarm-dansbare klanke voer gewoonlik die botoon. Kontemporêre Afrikaanse musiek en ou liedjies met ‘n byderwetse baadjie word op die Klub se versoek deur Jerry en Benita Loretz gespeel, met ‘n lekker dosis Engelse goue oue klanke tussendeur geweef. Hier is die foto's.
argiewe terug na begin
