2009 Projekte

OujaarsDans 2009
KiwiKasie
HerfsDans
WinterDans
LenteDans



Argiewe


Die Afrikaanse Klub se OujaarsDans 2009 was ‘n groot sukses!

Op Donderdag 31 Desember 2009 het die Klub se jaarlikse OujaarsDans plaasgevind en die byeenkoms was weereens ‘n groot sukses.  Ons sê baie dankie aan die lede van die Klub se Bestuurskomitee wat die “werk” gedoen het sodat almal die dans kon geniet en ons sê ook dankie aan almal wat die dans bygewoon het vir hulle bydrae om van die geleentheid ‘n sukses te maak.  Die mense se gedrag was onberispelik! 
Die Afrikaanse Klub wil in besonder die Suid-Afrikaanse besighede wat die kaartjies verkoop het, bedank vir hulle moeite om die kaartjies te verkoop.  Ons aanvaar dit so maklik as vanselfsprekend dat hulle die kaartjies sal verkoop! 
Baie dankie aan die fotograaf, hier is die foto's!


KiwiKasie - 2 - 11 Oktober 2009

Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland bring in Oktober die gewilde sanger NADINE na Nieu-Seeland vir sy jaarlikse KiwiKasie, en NEGE konserte word aangebied!  Dit is die meeste konserte in een KiwiKasie-reeks wat nog deur Die Afrikaanse Klub aangebied word.  Lees verder


LenteDans - 22 Augustus 2009

Foto's is nou hier beskikbaar..


WinterDans - 27 Junie 2009

Foto's van die dans is hier.


HerfsDans 2009 - 4 April 2009

Geen foto's beskikbaar nie.

argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
bygewerk :: feb 2010