Nabetragting - Dozi se besoek aan Nieu-Seeland
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Ons terugvoering oor Dozi se optredes in Nieu-Seeland het gewissel tussen “skitterend”, “lekker informeel”, “die beste Afrikaanse sangerer wat Nieu-Seeland nog besoek het”, “mense wat dit nie bygewoon het nie, het baie gemis” en nog vele meer. Deurgaans het konsertgangers blykbaar die optredes geniet. Hier is foto's van die Auckland konsert.
Dank aan al die organiseerders
Die Afrikaanse Klub betuig sy dank aan al die persone en organisasies op die verskillende dorpe en stede in Nieu-Seeland wat ‘n plaaslike konsert vir Dozi gereël het en sodoende die Afrikaanse taal en kultuur help bevorder het. Die Klub se bestuur besef dat dit veel werk en ‘n groot verantwoordelikheid is om die konserte te organiseer. Netso word almal wat kaartjies gekoop het en die konserte bygewoon het bedank, want sonder hulle bydraes sou niks moontlik gewees het nie.
Dankie aan ons borge
Ondergenoemde borge het Dozi se besoek aan Nieu-Seeland moontlik gemaak. Ons hartlike dank aan hulle:
1. Ankerborg – dit is die onderneming wat die toer “anker” en die grootste borgskap op die tafel sit.
Ons Ankerborg vanjaar is die ervare versekeringsman Herman Roodt van Mutual Financial Services Ltd met sy kantoor in Torbay op Auckland se North Shore. Sy telefoonnommers is 09 473 0880 ddi, 09 473 0881 of 021 736 030 en sy webblad is www.mfs.net.nz. Herman doen reeds 12 jaar versekeringswerk in Nieu-Seeland. Lees hier meer.
2. Hoofborg
Ons Hoofborg vanjaar, netsoos verlede jaar, is Erica Nothnagel van Silver Fern Immigration met haar kantoor in Howick in Auckland se oostelike voorstede. Erica is ‘n gelisensieerde immigrasie-adviseur en haar telefoonnommer is 09 533 6059 en haar webblad is www.silverfernimmigration.co.nz. Lees hier meer.
3. Steunborge
Ons het vanjaar twee steunborge, naamlik
· Die South African Shop van Rosedale Road op Auckland se North Shore. Francois en Elsabé Esterhuysen se telefoonnommer by die winkel is 09 478 8016 en hulle het twee webblaaie www.southafricanshop.co.nz en www.saproducts.co.nz. Jy kan SA produkte by hulle winkel koop of oor die internet van hulle webblad bestel. Hulle lewer oral per koerier af. Lees hier verder.
· Rudi Weideman van Salvus Systems, ‘n Sekuriteitsmaatskappy wat in die groter Waikato opereer met sy hoofkantoor in Hamilton. Rudi se telefoonnommers is 021 0275 1025 en 07 859 3462 en sy webblad is http://www.salvuscctv.co.nz. Lees hier verder.












