2010 Projekte

KiwiKasie



Argiewe


KiwiKasie 2010 – Ontmoet ons ANKERBORG

 

Bekende gesig betrokke

Herman, sy vrou Renet en dogter Marisna woon in Torbay op Auckland se North Shore met ‘n pragtige uitsig op die Hauraki Gulf. Sy Finansiële Dienste-praktyk het agentskappe met al die belangrike versekeringsmaatskappye in Nieu-Seeland. Hy is dus ‘n onafhanklike versekeringsmakelaar wat sy kliënte se besigheid plaas by die versekeringsmaatskappy wat vir die spesifieke kliënt se unieke omstandighede die beste voordele bied.

Die Roodt-gesin kom oorspronklik van Tzaneen en is nou reeds 12 jaar in Nieu-Seeland. Herman is alreeds vir 28 jaar in die finansiële dienste-bedryf, waarvan die laaste 22 jaar in die versekeringsbedryf. Hy spesialiseer / konsentreer hoofsaaklik op Oulanders “want dis ons mense en ek verstaan hulle behoeftes”, sê Herman.

Indrukwekkende versekeringsnetwerk en kundigheid op vele terreine

Herman het twee kantoordames, Linda du Plessis en Marlene Roux, wat hom in sy onderneming, Mutual Finacial Services Ltd, bystaan. Hy konsentreer nie bloot op vesekering nie, maar bied ‘n baie wyer diens aan nuwe sowel as voornemende immigrante. Aldus bedien hy mense met kundige raad en inligting om hulle verskuiwing na Nieu-Seeland so glad en maklik as moontlik te laat verloop. Sy praktyk beskik oor ‘n baie wye netwerk en met sy ondervinding in en kennis van Nieu-Seeland en die land se omstandighede, kan hy baie mense help met antwoorde op vrae waaroor mense wonder, selfs terwyl hulle nog in Suid-Afrika is! Sy kliënte is versprei oor die hele Nieu-Seeland en hy gebruik ook sy breë kliënte-databasis om nuwe aankomelinge te help om hulle voete so gou as moontlik te vind en hulle vestiging glad te laat verloop.

Sy dienste sluit onder meer die volgende in: lewensversekering, ongeskiktheidsversekering, inkomstebeskerming, mediese/hospitaal-planne, huisverband-finansiering (“mortgage finance”), korttermynversekering, testamente (gratis) & trusts en nog heelwat meer. Indien iemand sou vra hoe dit moontlik is dat een persoon se kundigheid oor so 'n wye veld kan strek, wys Herman daarop dat hy met sy personeelspan, sy strategiese alliansies en sy assosiate oor al die kundigheid beskik om vir kliënte die beste, allesomvattende advies te gee. Hy verstrek ook met graagte name van persone - wat lesers heelwaarskyklik ken - as verwysings oor homself en sy onderneming se diens.

Groot kostes verbonde aan inbring van gewilde kunstenaars

Diegene wat ervaring het van die invoer van gewilde kunstenaars uit Suid-Afrika of ander oorsese lande om hier in Nieu-Seeland in tien dorpe en stede te kom optree, sal weet dat dit ‘n groot klomp geld kos – veral om die pryse van kaartjies bekostigbaar te hou. Om gewilde oorsese kunstenaars se konserte by te woon betaal mens tot $100 en selfs meer vir ‘n kaartjie, maar Die Afrikaanse Klub poog om die pryse van kaartjies onder $40 te hou om dit vir soveel as moontlik van ons Suider-Afrikaanse immigrante moontlik te maak om die konserte by te woon. Sonder die borgskappe van mense soos Herman, sou die Klub nie in sy doel kon slaag nie.

Massiewe borgskap

Hoe sien Herman sy borgskap van KiwiKasie 2010?

“Ons beskou dit as ‘n eer en voorreg om as Ankerborg van KiwiKasie 2010 op te tree. Met hierdie borgskap sê ons graag dankie aan almal wat ons dienste deur al die jare gebruik het, en ons dink dit is gepas om die geld in daardie mense se kultuurgemeenskap terug te ploeg. Dit sal vir ons ‘n eer wees om ook vir U van diens te kan wees; stel ons dienste asseblief op die proef!!!”

.....en hoe sien Herman die rol van Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland?

“Laat ons nie die bydrae van Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland vergeet nie. Hierdie dinamiese organisasie werk deur sy vrywilligers al vir meer as ‘n dekade om Afrikaanse Kiwi’s op die sosiale en kulturele terreine te ondersteun. Ons borgskap gee ook aan die Klub erkenning vir sy groot bydrae deur die jare – byvoorbeeld deur hul harde werk om KiwiKasie elke jaar vir ons mense aan te bied,” sê Herman

Ondersteun asb ons Ankerborg!

Die Afrikaanse Klub gee graag erkenning aan Herman vir sy reuse bydrae om vanjaar se KiwiKasie moontlik te maak en ons weet dat al die mense wat Dozi se konsert gaan bywoon, eweneens net groot waardering sal hê vir ons borge wat dit moontlik gemaak het om KiwiKasie teen billike pryse aan te bied.

Daarom het ons die vrymoedigheid om te vra: ondersteun asseblief ons borge!

 

argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
bygewerk :: aug 2010