KiwiKasie 2010 – Ontmoet die tweede van ons STEUNBORGE

Sias Meyer en Rudi Weideman
Salvus Surveillance se baas is nog nuut in Nieu-Seeland maar ondersteun reeds KiwiKasie 2010
Salvus Surveillance bestaan reeds sedert 2007, maar is in 2009 deur Rudi Weideman gekoop. Rudi en sy gesin het in 2009 na Nieu-Seeland verhuis en hulle in Hamilton gevestig. Rudi is reeds 20 jaar in die sekuriteitsbedryf en hulle kom van Centurion. Nog in Suid-Afrika, het hy veral sekuriteitswerk gedoen vir Anglo American Corporation. Hoewel hy nog nie lank in die land is nie, ondersteun hy die Afrikaanse taal en kultuur en neem hy die geleentheid te baat om KiwiKasie 2010 finansieel te ondersteun.
Geregistreede Sekuriteitskonsultant en “P I”
Rudi is by Nieu-Seeland se Ministerie van Justisie as ‘n Sekuriteitskonsultant en privaatspeurder geregistreer. Sy maatskappy Salvus Surveillance spesialiseer in sekerheidsprodukte soos onder andere kameras en alarms. Rudi sê dat dit ongelukkig die tekens van die tyd is dat misdaad dwarsoor die wêreld aan die styg is en met die resessie het dit net vererger. In Nieu-Seeland is die prentjie dieselfde. Huisbrake in Hamilton het met 25% toegeneem en misdaad met 16%. Salvus Surveilance doen tans werk by groot sowel as kleiner ondernemings soos New World, verskeie skole, woonhuise en vele meer. Rudi sê dat elke persoon vir homself hierdie vraag moet afvra: “Is jy dalk die volgende slagoffer?”
Salvus Surveilance se stelsels bied jou.......
- Hoë kwaliteit beproefde stelsels (12 maande op produk en 5 jaar op vakmanskap)
- Gemoedsrus
- Stelsels wat van oral in die wêreld gemonitor kan word (via internet of GSM selfoon)
- Bewyse van wat gebeur het as daar ACC eise is
- Stelsels dien as afweer-toestelle
- Die geleentheid om jou ou stelsel in te ruil
- Stelsels ontwerp uniek vir jou behoefte en jou sak
- Veskeie betalingsopsies
- En nog vele meer
Mannekrag-aangeleenthede vorm deel van omvattende dienste
Sekuriteitsondersoeke in die werkplek verg ook kundigheid ten opsigte van arbeidswetgewing en daar is spesifieke stappe wat ingevolge arbeidswetgewing gevolg moet word om te voorkom dat werkgewer of werknemer aan arbeidsrisiko’s blootgestel word. Hierdie leemte is tydens ondersoeke geïdentifiseer en Rudi het toe vir Sias Meyer genader en hy is tans Menslike Hulpbronbestuurder by Salvus Surveillance. Sias het 16 jaar ondervinding in menslike hulpbronne en het voor sy vertrek uit SA as hulpbronbestuurder by Xtrata Coal gewerk waar hy onskatbare ondervinding in die bedryf opgedoen het. Gevolglik funksioneer Salvus Surveillance amper soos ‘n eenstop-onderneming waar hulle die volgende dienste bied
· Risiko oudits
· Ondersoeke (departementeel en inhuis)
· Dissiplinêre verhore (reëling daarvan en/of voorsitting daarvan)
· Opstel van prosedures
· Formulering en hersiening van besigheids-beleidstukke
· Advies rondom enige menslike hulpbronne-aangeleenthede
· Konsultasies
· Menslike hulpbronne-oudits
· Personeelwerwing
· Agtergrond ondersoeke
· Seminare
· Bestuursopleiding ten opsigte van “HR in New Zealand”
· Installering van kameras en sekerheidsprodukte
· Vaardigheid assessering
· Indiensnemeingskontrakte en vele meer
Salvus Surveillance se bedieningsgebied strek van Suid-Auckland oor die Waikato tot by die Bay of Plenty. Rudi nooi belangstellendes om gerus met hom te skakel vir ‘n konsultasie of ‘n kwotasie by 021 0275 1025 of 07 859 3462 of per e-pos by rudi@salvuscctv.co.nz. Volledige inligting is ook te vinde op hulle webblad www.salvuscctv.co.nz
Die Afrikaanse Klub sê dankie...
Nie al ons lesers is bewus van die groot kostes wat dit verg om gewilde kunstenaars uit Suid-Afrika in te bring om hier in Nieu-Seeland in verskeie dorpe en stede te kom optree nie. Om die pryse van kaartjies bekostigbaar te hou, is Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland afhanklik van borgskappe soos hierdie en daarom gee die Afrikaanse Klub graag erkenning aan Rudi Weideman vir sy groot bydrae om vanjaar se KiwiKasie moontlik te maak en ons weet dat al die mense wat Dozi se konsert gaan bywoon, eweneens net groot waardering sal hê vir ons borge wat dit moontlik gemaak het om KiwiKasie teen billike pryse aan te bied.
Daarom het ons die vrymoedigheid om te vra: ondersteun asseblief ons borge!
