2010 Projekte

KiwiKasie



Argiewe


KiwiKasie 2010 – Ontmoet ons HOOFBORG

 

Gelisensieerde immigrasie-adviseur

Erica Nothnagel is die stigter en direkteur van Silver Fern Immigrasie Dienste en is sedert 2004 voltyds in die immigrasiebedryf. Erica het haar volle lisensie van die Immigration Advisers Authority verwerf en voldoen dus aan al die wetlike vereistes wat aan immigrasie-adviseurs in Nieu-Seeland gestel word.

Simpatieke en omvattende diens

Erica het reeds honderde mense van regoor die wêreld gehelp om hulle in Nieu-Seeland te vestig. Sy verstaan die immigrasieproses en as ‘n mede Suid-Afrikaner verstaan sy ook die Suid-Afrikaners se behoeftes en verwagtings – daarom kan sy altyd ‘n simpatieke oor verleen en staan sy gesinne dwarsdeur die immigrasieproses by.

“Ek het ‘n passie om mense te help en ek geniet die uitdaging wat die bedryf bied”, sê Erica. “Ons ontmoet ons kliënte by die lughawe en reël akkommodasie vir die eerste paar dae. Ons huur vir hulle ‘n motor en reël vir ‘n Nieu-Seelandse SIM-kaart vir hulle selfone. Ons handhaaf ‘n “oop deur”-beleid en ons kliënte kan ons enige tyd spreek vir algemene advies en ons is baie trots op ons suksesrekord op alle aansoeke wat oor die jare ingedien is. Ons verwelkom enige navrae van mense wat meer inligting verlang”, sê Erica.

Kundigheid en billike tariewe

Die span by Silver Fern Immigrasie verleen kundige hulp en advies met die volgende immigrasie-kategorieë

·     Skilled Migrant Category
·     Long Term Business Visas
·     Expression of Interest
·     Work Permits
·     Student Permits
·     Parent Category
·     Partnership and Adult Sibling Category

“Ons tariewe is voorwaar waarde vir geld. Ons doen ‘n gratis beoordeling (assessment) via ons webblad. Skakel ons vandag nog vir ‘n konsultasie, of net vir lekker gesels, by +64 9 533 6059 of stuur ‘n e-pos aan Erica@sfimmigration.co.nz. Besoek ons webblad www.silverfernimmigration.co.nz vir meer inligting. Ons sien daarna uit om julle te help….. “ sluit Erica af.

Groot borgskap

Nie al ons lesers is bewus van die groot kostes wat dit verg om gewilde kunstenaars uit Suid-Afrika of ander oorsese lande in te bring om hier in Nieu-Seeland in verskeie dorpe en stede te kom optree nie. Om die pryse van kaartjies bekostigbaar te hou, is Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland afhanklik van borgskappe soos hierdie en daarom gee die Afrikaanse Klub graag erkenning aan Erica vir haar groot bydrae om vanjaar se KiwiKasie moontlik te maak en ons weet dat al die mense wat Dozi se konsert gaan bywoon, eweneens net groot waardering sal hê vir ons borge wat dit moontlik gemaak het om KiwiKasie teen billike pryse aan te bied.

Daarom het ons die vrymoedigheid om te vra: ondersteun asseblief ons borge!

argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
bygewerk :: aug 2010