2011 Projekte

KiwiKasie
HerfsDans


Vorige jare se argiewe

Nabetragting - KiwiKasie 2011 met Kurt Darren                           Foto's

 



Kort en kragtig gestel – albei konserte was reuse suksesse. Die terugvoering wat ons van Hamilton se konsert gekry het, sowel as die persoonlike belewenis van die Auckland-konsert, was uiters bevredigend.

Die konsertgangers het hulle gate uit geniet. Dit was ‘n vrolike, opgewekte en geesdriftige gehoor wat ten volle meegelewe het. Die amptelike syfer vir die Auckland-konsert was 831 en die onderste gedeelte van die Bruce Mason teater was uitverkoop.

Kurt Darren en sy bestuurder, Dewald Jordaan, het Die Afrikaanse Klub geloof vir die puik reëlings en bevestig dat hulle die besoek aan Nieu-Seeland terdeë geniet het.

Kyk gerus na al die foto‟s op die Klub se Facebook blad
Baie dankie aan Chris Botha van Chris Botha Photography – een van ons borge - vir die beskikbaarstelling van die fotos. Lesers kan gerus die Klub se Facebook blad besoek vir baie meer fotos van die Auckland-konsert. Kliek net op http://www.facebook.com/pages/Die-Afrikaanse-Klub-van-Nieu-Seeland/106024979427166?ref=search&sid=585551808.3969199011..1 en dan op photos en weer op Kurt Darren Kiwikasie 2011

Ons sê weer dankie aan ons borge
Sonder ons borge se finansiële ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het om die pryse van kaartjies vir Kurt Darren se konserte bekostigbaar te hou nie.

Daarom sê ons weer namens almal wat die konserte bygewoon en dit geniet het, baie, baie dankie. Ondersteun asb ons borge en beveel hulle besighede by julle vriende en kennisse aan!

Die volgene persone of ondernemings het Kurt Darren se besoek geborg:

1. Ankerborg – dit is die onderneming wat die toer “anker” en die grootste borgskap op die tafel sit

Ons Ankerborg vanjaar is die ervare, gelisensieerde immigrasie-adviseur Erica Nothnagel van Silver Fern Immigration Services met haar kantoor te Howick in Auckland. Haar telefoonnommer is 09 533 6059, haar e-posadres is erica@silverfernimmigration.co.nz en haar webblad is www.silverfernimmigration.co.nz

2. Hoofborg

Ons Hoofborg vanjaar is Fritz Swart van Fritz Swart Versekeringsdienste met sy kantoor in Torbay op Auckland se North Shore. Fritz is 'n ervare versekeringsman met meer as 20 jaar ervaring in die bedryf en reeds bykans 10 jaar in Auckland. Fritz se telefoonnommer is 09 473 5210 of 021 183 8936, sy e-posadres is fritz@fritzswart.co.nz en sy webblad is www.fritzswart.co.nz

3. Steunborg
Ons steunborg vir vanjaar se konsert is Chris Botha van Chris Botha Photograpy, die persoon wat by die Big Braai en Steve Hofmeyr se konsert in 2010 die foto's geneem het. Hy spesialiseer in gesinsfoto‘s, huwelike, 21e verjaarsdagfoto‘s of foto‘s by enige spesiale geleentheid. Mens kan Chris skakel by 027 491 9989, sy e-posadres is chris@chrisbotha.co.nz en sy webblad is www.chrisbotha.co.nz


argiewe                                     terug na begin

   ontwerp deur :: mari
bygewerk :: aug 2011