2010
Steve Hofmeyr se konserttoer in NS
Altesaam 10 suksesvolle konserte!
Steve Hofmeyr het gedurende Mei 2010 altesaam 10 uiters suksesvolle konserte oor die lengte en breedte van Nieu-Seeland gehou binne die bestek van 10 dae – sonder ‘n rusdag tussen-in. Daar was konserte in Hamilton, Auckland (2), Rotorua, New Plymouth, Palmerston North, Napier, Wellington, Christchurch en Ashburton. Lees hier verder.
2009
Hier komme MEGA Opskop!
Hier komme MEGA ding! Saterdagaand 5 Desember. Die deure maak alreeds 5 nm oop sodat jy ‘n lekker tafel kan annekseer vir ‘n aand se vermaaklikheid van “mega” proporsies wat om 6 nm afskop met ‘n GROOT opwindende VOORSKOU van plaaslike kunstenaars! Lees hier verder.
2009
Dewald & Frikkie se ‘OPSKOP 2009’
Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland se gewilde OujaarsDans is skaars verby, of Dewald & Frikkie se ‘OPSKOP 2009’ is reeds op die spyskaart vir 28 Februarie 2009.
Die Afrikaanse Klub het al vir baie jare ‘n goeie samewerkingsverhouding met Dewald Kritzinger en Frikkie Senekal, en ondersteun graag ook hierdie dansinisiatief van die twee talentvolle musikante.
Lees hier verder.
2008
Dewald & Frikkie se ‘OPSKOP no 2’
Afrikaanse Kiwi’s in en om Auckland kan nie kla oor dansgeleenthede nie, want so pas is Die Afrikaanse Klub se suksesvolle WinterDans verby, of Dewald & Frikkie se ‘OPSKOP no 2’ word aangekondig! Almal wat hul eerste dans met lewendige orkesmusiek bygewoon het, sal onthou watter lekker wakker, wille kleurvolle geleentheid dit was. Lees hier verder.
2007
Hier komme ding met Dewald & Frikkie!
Hulle sing 80% nuwe liedjies vanuit Suid-Afrika
Hier kom weer ‘n ding! Die gewilde musiekpaar van Auckland, Dewald Kritzinger en Frikkie Senekal (meer bekend as ‘Dewald en Frikkie’) gaan weer so maak. Hulle bied weer ‘n Afrikaanse konsert aan en betrek weer vir Andre de Wet, wie se eie komposisies, diep stem en rustige kitaarmusiek groot aanklank by plaaslike gehore vind. Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland ondersteun graag met trots die konsert wat op 30 Maart aangebied word. Lees verder.
2007
Suid-Afrikaanse Kiwi's verenig rondom rugby
"Die spontaniteit en samehorigheidsgevoel wat tussen die wit en bruin Suid-Afrikaners geheers het, was 'n riem onder die hart," sê Riedewaan Waggie, mede-organiseerder van 'n groep rugbyondersteuners wat 'n paar weke gelede 'n toerbus betrek en in Hamilton gaan kyk het hoe die Sharks teen die Chiefs verloor. Meer persone het by die veld by die busgroep aangesluit. Lees verder.
2006
Olie daai litte!’ - Dewald en Frikkie hou konsert
Elke liefhebber van lekker opgewekte Afrikaanse musiek mag hierdie konsert
nie misloop nie… Dewald en Frikkie – Auckland
se gewilde Afrikaanse musiekpaar – hou op 1 Julie hul eerste eie konsert.
Hulle sal heelwat van die liedjies speel wat reeds gereed is vir hul eerste
Afrikaanse musiek-CD bestem. Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland
ondersteun hul konsert met ‘n borgskap en promosie. Lees verder.
