Ons Borge

 

Afrikaans  •  alles en nog wat

 

SA Organisasies in die buiteland

 

Boeke

 

Die Jeug

 

Kerke en Godsdiens

 

Maori

 

Musiek

 

NS skakels

 

Radio

 

Sport

 

Werksoek

 
   

Ons Borge

Die skakels hieronder gelys is 'n blyk van waardering vir die substansiële borgskappe wat hierdie maatskappye vanjaar aan Die Afrikaanse Klub gegee het en nog beoog. Die Klub bedank hiermee al hierdie vriende van die Suid-Afrikaanse gemeenskap in Nieu-Seeland.

  • Fritz Swart Versekeringsdienste, by tel. (09) 475 5250 sel 021-183 8936 E-pos: fswart@xtra.co.nz, Web: www.fritzswart.co.nz
  • Silver Fern Immigration Services Ltd. Tel: 09 533 6059   E-pos: erica@silverfernimmigration.co.nz, Web: www.silverfernimmigration.co.nz
  • Stationery World in Albany, Auckland, by tel: 414 4238 of Silverdale, tel. (09) 421 0192, Web: www.swd.co.nz
  • SA Kaffee / SA Shop, van Jaco Bosman, by tel. (09) 476 3413 Web: www.saproducts.co.nz
  • Pit Stop Browns Bay Beach Road 749, Browns Bay – Tel. (09) 479 5311 of 479 5314
  • Marie Joubert, webblad ontwerp en bywerkings

Afrikaans  •  alles en nog wat


SA organisasies in die buiteland


Die Jeug

 


Boeke

 


Kerke & Godsdiens

    Kerke in Nieu-Seeland (soos op "Brokkies" geadverteer)

    1.      Erediens te ASHBURTON: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland
    Elke derde Sondag van die maand om 3:00 nm in die Evangelical Presbyterian Church, 63 Princess Street, Ashburton. Die Leraar is Dr Tienie Bekker van Christchurch. Skakel Jan en Arna Joubert by 03 302 6647 of e-pos na jhjoubert@xtra.co.nz indien meer inligting verlang word. Na die diens word saamgekuier oor ’n koppie koffie/tee

    2.     Erediens op North Shore: Afrikaanse Christen Kerk van NS (AUCKLAND-gemeente)
    Om 12:00 middag in die Forrest Hill Presbyterian Church, h/v Forrest Hill & Seine Road, Forrest Hill. Besoek ons vir 'n gewyde Afrikaanse erediens en kuier na die diens lekker saam. Kleuterkerk tydens en kategese na die erediens. Die Leraar is Ds Tinus Riekert. Sy e-posadres is leraar@ackauckland.co.nz en sy telefoonnommers is 09 476 9965 en 021 223 8376. Skakel ook 09 476 3144 of e-pos na skriba@ackauckland.co.nz of besoek www.ackauckland.co.nz vir meer inligting

    3.      Doxa Ministries se Feesdienste in AUCKLAND
    Feesdienste in Afrikaans word elke Sondagoggend om 9:00 vm in die gebou van die Seventh-Day Adventist kerk te 16 Puhinui Road, Manukau, gehou. Ons is 'n Gemeente met 'n hart vir mense. Omvattende kinderbediening tydens die dienste. Besoek www.doxaministries.co.nz vir volledige besonderhede, of skakel ons kantoor by 09 278 6744 tussen 9:30 vm en 12:30 nm

    4        Erediens te CHRISTCHURCH: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland
    Afrikaanse eredienste elke Sondag om 10:00 vm. Al die eredienste word in die Yaldhurst Memorial Hall, h/v Yaldhurst en Pound Roads, gehou. Die prediker is Ds Tienie Bekker. Na die diens kuier ons saam om 'n koppie koffie/tee. Skakel Ds Bekker by 323 8561(h) of e-pos na tienie@paradise.net.nz vir meer besonderhede.

    5.      Erediens te HAMILTON: Afrikaanse Christen Kerk van NS
    Afrikaanse eredienste elke Sondag om 9:00 vm in die Auditorium van die St Paul's Methodist Church 62 London Steet, Hamilton (agter die kerkgebou; parkering en ingang vanaf Harwood Street). ‘n Volledige geloofsonderrig-program word aangebied vir kinders, voorskools tot belydenisklas. Tee/koffie word na die tyd bedien. Skakel ds Johan Hendricks by 07 855 3329 of johan@ackhamilton.co.nz. Almal welkom.

    6.      Wyksdiens in WAIKATO DISTRIK: Afrikaanse Christen Kerk van NS, Hamilton
    Die erediens vir Hamilton se landelike gebied vind nou elke Sondag van die maand om 11:30 vm in die kerkie op die hoek van State Highway 27 en Diagonal Street plaas. Dit is ongeveer halfpad tussen Morrinsville (Tutuanui) en Matamata op State Highway 27. Geloofsonderrig word aangebied. Skakel ds Johan Hendricks by 07 855 3329 of 021 233 1785 of johan@ackhamilton.co.nz vir meer inligting

    7.      Erediens te HOWICK-gemeente in AUCKLAND: Afrikaanse Christen Kerk van N S
    Erediens elke Sondag om 9:30 vm in die skoolsaal van Bucklands Beach Primary School, 107 Clovelly Road, Bucklands Beach. Ons missie: Ons is ‘n gemeente wat leef as liefdevolle ligdraers vir ons stad en sy mense. Ons wil hê dat mense ons moet ervaar as biddende dissipels wat onsself gee as lewende offers, onvoorwaardelik liefdevol is, feesvierend uit God se genade leef, absoluut vertrou op die Here en sterk en vasberade in Christus leef. Besoek gerus die webblad www.ackhowick.co.nz vir meer inligting of stuur ‘n e-pos na skriba@ackhowick.co.nz. Die leraar is ds Freek Terblanché en kan geskakel word by 09 550 6450 en 021 756 077 of per e-pos by fgterblanche@orcon.net.nz

    8.      Eredienste te NAPIER: Afrikaanse Christen Kerk van NS
    Arikaanse eredienste elke Sondag om 09:50 vm en direk na afloop van die diens is dit ons kinderbediening (5-12 jaar). Ons het ook 'n jeugbediening (13-18 jaar) om 07:00 nm op Woensdae te 40 Duart Road, Havelock North. Die adres waar ons eredienste hou is EIT (Eastern Institute of Technology) Campus, Lecture Theater 1, Gloucester Sreet, Taradale, Napier. Meer inligting, insluitende 'n roetekaart, kan verkry word op ons webblad www.ackhawkesbay.co.nz of deur Ds Derik Kotze te skakel by 06 875 0425 / 021 242 2025 of derik@ackhawkesbay.co.nz

    9.       Erediens op North Shore: Afrikaanse Christen Kerk van NS (NORTH SHORE-gemeente)
    Erediens elke Sondag om 09:30 vm in die gebou van die Seventh-Day Adventist Church te 40 Bronzewing Terrace, Unsworth Heights. Ons Visie–Slagspreuk “Ons geloofsfamilie is jubelende draers van Jesus se liefde en lig”. Ons wil ‘n warm tuiste met liefde en aanvaarding bied en erkenning gee aan verskillende generasies en elkeen se unieke styl van aanbidding en belewing van God. Besoek www.acknorthshore.co.nz vir meer inligting of e-pos na kerkadmin@acknorthshore.co.nz Die Leraar is Ds Danie Marais, 32 B Stredwick Drive, Torbay Heights, Auckland, 09 473 5320 en 021 556 853 of e-pos danie.marais@acknorthshore.co.nz

    10.    Erediens te PUKEKOHE: Afrikaanse Christenkerk van Nieu Seeland
    Erediens elke Sondagaand om 7:00 nm in die gebou van die Reformed Church, op die hoek van Seddon- & Victoriastraat.  Navrae kan gerig word aan ds Bertie Meyer by 09 238 4564 en per epos na b.meyer@xtra.co.nz

    11.    Eredienste te ROTORUA: Afrikaanse Christen Kerk van NS (ROTORUA-gemeente)
    Eredienste vind elke Sondag om 6:00 nm (Somertyd) en 15:00 nm (Wintertyd) plaas in die kerkgebou van die Seventh-Day Adventist Church, 311 Fenton straat, Rotorua. Die eredienste word deur Ds. Riaan Rossouw en Natasja du Plessis gelei. Die gemeente bied ‘n volledige geloofsonderig-program vir die kinders aan (voorskools tot belydenisklas), daar is omgeegroepe, gemeentebybelstudie en ‘n gebedsgroep en ‘n saamkuier geleentheid na afloop van die diens. Skakel die kerkkantoor by 07 345 4775 (Irma van Niekerk), Ds. Riaan Rossouw 07 345 7958 (h) of 027 566 5458 (s) of Natasja du Plessis 07 349 6927 (h) of 027 846 7720 (s) of e-pos na kerk@ackrotorua.co.nz vir nadere besonderhede. Gaan kyk gerus na ons webwerf www.ackrotorua.co.nz. Let wel: die winter- en somertye word bepaal deur “Daylight Saving”

    12.    Afrikaanse Kerkdiens te TAUPO
    Kerkdiens om 7:00 nm in die St Paul's Union kerk, h/v Rifle Range en Tamamutu Street, elke 3e Donderdag van die maand. Die prediker is Dr Jaco Reyneke. Na die diens word daar lekker gekuier met ‘n koppie koffie of tee en lekker eetgoed. Alle belangstellendes is welkom. Vir meer besonderhede, of om die datum en tyd van die diens te bevestig, skakel Ursula of Gerhard by 07 378 8126 of e-pos na gerhardj@xnet.co.nz.

    13.    Afrikaanse Eredienste te TAURANGA
    Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Tauranga-gemeente het elke Sondag ‘n erediens in die St Enoch's Presbiteriaanse Kerk te 16th Avenue. Dr. Jaco Reyneke lei die eredienste.
    Wintertyd 5:00 nm
    Somertyd 6:00 nm
    Let wel: Die winter- en somertye word bepaal deur “Daylight Saving”

    14.    Afrikaanse Kerkdienste te WANGANUI
    Erediens elke Sondagoggend om 10:00 vm in die Konferensiekamer op die tweede vloer van die Community House gebou te Ridgeway Street 53a. Ds Mariaan Schutte lei die dienste en navrae kan aan Ds Schutte gerig word by 021 168 2047 en per e-pos na mbasza@yahoo.com

    15.    Erediens in WELLINGTON: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland
    Die geloofsfamilie hier in Wellington nooi almal vriendelik uit na ons eredienste en ontmoetings:
    · Elke Sondagoggend: Plimmerton Hall, Moana Road om 10:00 vm
    · Elke 1e Sondagaand van die maand: Hibs School, Granville Street, Trentham, Upper Hutt om 6:00 nm
    · Elke 3de Sondagaand van die maand: Waikanae Uniting Parish, Ngapaki street, Waikanae om 6:00 nm
    Almal – jonk & oud – baie welkom! Kyk asb by www.ackwellington.co.nz vir meer inligting!

    16.    Afrikaanse preke op INTERNET

    1. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Hamilton-gemeente, by www.ackhamilton.co.nz en luister na Afrikaanse preke deur Ds Johan Hendricks en ander predikers. Die preke kan ook afgelaai word. Kies uit ’n verskeidenheid preke wat gereeld opdateer word. Luister gerus en stuur die webadres na ander Afrikaanse Christene in Nieu-Seeland wat nie naby 'n Afrikaanse bediening is nie
    2. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Christchurch-gemeente, by www.ackchristchurch.co.nz en luister.na Afrikaanse preke deur Ds Tienie Bekker van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Christchurch gemeente. Luister gerus en stuur die webadres na ander Afrikaanse Christene in Nieu-Seeland wat nie naby 'n Afrikaanse bediening is nie
    3. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland (North Shore Auckland) en luister na die preke by www.acknorthshore.co.nz Kliek op ‘Preke’ op die hoofblad en ‘n verskeidenheid van opgedateerde preke sal tot die luisteraar se beskikking wees. Die preke kan ook terseldertyd gelees word. Ds Danie Marais is die leraar van die North Shore gemeente


    Ander

Maori


Musiek


NS skakels


Radio


Sport

Werksoek

   ontwerp deur :: mari
bygewerk :: feb 2010