Wie mag aansluit ?
Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland is bedoel vir enige persoon – van enige etnisiteit - wat hom of haar met die Afrikaanse taal en kultuur in die breedste sin van die woord identifiseer.
Alle interne sake van die Klub en al sy projekte word in die Afrikaanse taal beplan en uitgevoer. Die Klub gebruik wel sy diskresie om taalaanpassings te doen wanneer met groepe interaksie gevoer word wat nie Afrikaans magtig is nie. Dit vorm deel van ons “Uitreikfokus” en is vir ons ‘n natuurlike aanpassing in ‘n land waarin ons dalk vir die res van ons lewens kan woon.
Enige persoon wat uit beginsel gemaklik is met hierdie benadering en ons Klub se missie en grondwet onderskryf, is welkom om formeel as lede van die Klub aan te sluit. (Sien "Aansluitingsvorm")
Talle Engelssprekende immigrante geniet ook die rykheid van Afrikaans se humor en fut. Hulle is ook welkom om aan te sluit. Ons is ook dankbaar dat ons wel Engelssprekende lede het. Hulle verryk ons Suid-Afrikanerskap met hul lidmaatskap en positiewe ondersteuning.
Wat kos ledegeld ?
Ledegeld bedra $40 per gesin (een of meer persone) per jaar. Hierdie bedrag neem af met $10 per kwartaal, indien persone later in die jaar aansluit.
- Om tussen 1 April en 30 Junie vir die eerste keer aan te sluit, kos $40
- Om tussen 1 Julie en 30 September vir die eerste keer aan te sluit, kos $30
- Om tussen 1 Oktober en 31 Desember vir die eerste keer aan te sluit, kos $20
- Om tussen 1 Januarie en 31 Maart vir die eerste keer aan te sluit, kos $10.
Hierdie bedrae vir lidmaatskap geld per individu en kos dieselfde indien 'n gesin aansluit. 'n Gesin tel as ouers met hul eie of aangenome kinders. Grootouers, ooms en tannies, nefies en niggies word nie as deel van die gesinsdefinisie gereken nie, al woon hulle in dieselfde huishouding.
Daarna kos dit van jaar twee af $20 per jaar om lidmaatskap per gesin of individu te hernu.
Waarom word ledegeld gehef ?
Lidmaatskap van so veel as moontlik mense help die groter organisatoriese
wiel aan die rol hou.
Duur projekte word aangepak, bv. bekende sangers wat spesiaal na Nieu-Seeland
gebring word. Dit behels benewens optreegeld ook vliegtuigkaartjies, verblyfkostes,
plaaslike reisgeld, en baie meer.
Gedurende 2001 het ons vir Lucas Marre na Kiwiland gebring. In Februarie
2002 het ons verhoogaktrise Trix Pienaar na Nieu-Seeland gebring
en op ‘n toer deur die Noord-Eiland geneem. Gedurende Oktober 2002 was
Mathys Roets hier om by ons KiwiKasie Kunstefees
op te tree.
Namate ons “Rimpelfees” van KiwiKasie uitbrei, betrek
ons al meer kunstenaars van ander kultuurgroepe. Hierdie is ‘n baie
duur projek, maar beteken baie vir ons immigrantegroep se beeld by die breër
Kiwi-gemeenskap. In 2003 het ons vir Jannie du Toit en Christa Steyn na Nieu-Seeland
gebring om aan KiwiKasie deel te neem en 'n landwye toer te onderneem
Ledevoordele
Ons hoop die hoofrede waarom persone as lede aansluit, is omdat hulle die groter saak van ontspanne Afrikaans-wees goedgesind is en ondersteun. Dit is egter te verstane dat mense meer voordele waardeer, soos:
- Afslag op sekere advertensiefooie in ‘Brokkies’.
- Afslag op toegangsfooie vir lede by projekte, op vertoning van hul lidmaatskapkaart.
- Afslag by sekere besighede in Suid-Afrikaners se besit. (Besonderhede laer af)
Die besighede wat aan Klublede afslag bied, is:
- Pit Stop
749 Beach Road, Browns Bay. Tel. (09) 479 5311 / 479 5314. – 5% afslag op motordienste asook 5% afslag op onderdele t.o.v. ander herstelwerk.
- Fred’s Fine Foods (Biltong, boerewors, droë wors, SA-produkte, ens.)
Seville Centre, 52 Oteha Valley Road, Albany. Tel. (09) 475 5403 –
5% afslag.
- Music Planet North Shore (Musiekinstrumente te kus en te keur)
16F Link Drive, Wairau Park. E-pos: dewald@korg.co.nz Tel. 09 444 4442 – 5% afslag
- Homeopatiese Praktyk op die North Shore
Estelle Kruger, tel. (09) 443 7905. Webblad: www.healthforyou.co.nz – 5% afslag
- PC Fixit
1 Annamoe Place, Howick en North Shore. Epos: Philip@pcfixit.co.nz Tel. (09) 271 2441 – 5% afslag
- Baker Law (Regsdienste in Afrikaans)
404 Beach Road, Mairangi Bay. Epos: fred@bakerlaw.co.nz Tel. (09) 476 8000 – Spesiale tarief
- Stationery World Direct (Takke in Albany, Auckland asook in Silverdale)
Unit 3/3, W. Pickering Dve, Albany. Tel: 4144238 E: stationeryworld@swd.co.nz
– Toon jou lidkaart en registreer vir hul afslagkaart, wat goeie afslag bied.
- KeadoPrint
Marina Plaza, 69-89 Gulf Harbour Drive, Gulf Harbour, Auckland. Tel: 0800 1 53236 E: Neville Modlin neville@keado.co.nz
15% korting van die gewone prys vir Klub lede, of
Ons sal enige vorige rekeninge vir digitale drukwerk met 15% verminder, of
Ons sal 15% kommissie betaal vir suksessvolle verwysings.
BELANGRIK! Lidmaatskapkaarte moet getoon word om vir afslag te kwalifiseer. Verseker assblief dat niemand anders die kaart gebruik nie, aangesien die kaart NIE OORDRAAGBAAR is nie. Ons maak staat op almal se samewerking, om die integriteit van die voordeel vir almal in stand te hou.
Lidmaatskap-hernuwingsvorm vir bestaande lede.
Vanaf klublede se tweede jaar van lidmaatskap moet 'n jaarlikse lidmaatskap-hernuwingsbedrag
van $20 per individu of gesin betaal word. Lidmaatskap is geldig van 1 April
tot 31 Maart die volgende jaar. Meegaande vorm moet uitgedruk, voltooi en
onderteken word, en saam met die hernuwingsbedrag gepos word aan:
Die Afrikaanse Klub
PO Box 300-674
Albany
Auckland
Tjeks moet uitgemaak word aan The Afrikaans Club of NZ.
Alternatiewe betalingsmetodes:
(1) Deponeer die bedrag by BNZ-bank, of (2) betaal per internetbank.
Elektroniese betalings:
Betaal ‘Die Afrikaanse Klub van NS’, BNZ-rekeningnommer
02 0271 0285220 00.
VERWYSING: Vermeld ‘L/H’ asook jou ledenommer en van (of gedeelte van jou van wat inpas) as verwysing.
Aansluitingsvorms
Aansluitingsvorm in PDF formaat, 40Kb.
Lidmaatskap-hernuwingsvom
vorm in PDF formaat, 30Kb.
Acrobat Reader se jongste weergawe is op die Internet (gratis) bekombaar by
http://www.adobe.com/products/acrobat/readstep.html.
