Baie welkom by Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland se splinternuwe webblad. Die blad is vir die afgelope aantal maande herontwerp. Ook die inligting is nuut en op datum.

'n Verdere nuutjie is die teenwoordigheid van die nuwe Klubembleem. Webontwerper , het verskeie alternatiewe ontwerp. Nadat die Bestuurskomitee 'n bietjie marknavorsing onder Suid-Afrikaners en Kiwi's gedoen het, is hierdie ontwerp gekies.


   
 
 
     


Die simboliek daarin vervat, gee aan Die Afrikaanse Klub se byderwetse rigting verdere stukrag: Die gestreepte sebramotief simboliseer Afrika, en ook Suid-Afrika. Die silhoeėt-kaart van Nieu-Seeland daarmee saam simboliseer ons groot stap na die nuwe land, met ons aanvaarding van die nuwe uitdagings. Daarmee ook die suggestie van 'n wegbeweeg van die oue (verlede) na die nuwe (toekoms).

Die letters met die warm kleure simboliseer die warmte van sonnige Suid-Afrika wat ons hier in ons nuwe land kom uitstraal.

Die byderwetse (laerkas) letters simboliseer Die Afrikaanse Klub se moderne aanslag en die strewe om ons Afrikaansheid op 'n stimulerende wyse as 'n natuurlike deel van ons menswees in Nieu-Seeland te geniet.

Maak gereed om jou verkenningstog van ons nuwe webblad te begin. Geniet die snuffelreis...

Voorsitter: Philip Langenhoven, 23 April 2002.