WELKOM BY DIE WEBWERF VAN DIE AFRIKAANSE KLUB VAN NIEU-SEELAND

Aktiwiteite van Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland voortaan

tot die uitgee van Brokkies beperk.

Tydens die Algemene Jaarvergadering van Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland op 11 April 2012 — ‘n tweede vergadering moes belê word omdat daar tydens die eerste een nie ‘n kworum teenwoordig was nie — was die aanwesige ingeskrewe en stemgeregtigde lede van die Klub eenparig van mening dat ondersteuning van die meerderheid van Klub-aktiwiteite (danse en konserte) sodanig afgeneem het, dat die voortsetting daarvan, weens ‘n gebrek aan ekonomiese lewensvatbaarheid, nie meer regverdigbaar òf bekostigbaar is nie. Subsidering van finansieelonselfstandige-danse en konserte knou reeds geruime tyd afnemende Klubfondse. Daarnaas bring die kwynende beskikbaarheid van vrywilligers om projekte te loods, mee dat insette hoofsaaklik deur bestuurslede (ook vrywilligers wat eie tyd en hulpbronne vir die Klub-saak opoffer) gelewer word. Die feit dat geen nominasies vir nuwe bestuurslede vir die nuwe Klub-jaar ontvang is nie, is verder tekenend van die afname in vrywilligers om Klub-aksies op die tradisionele wyse te dryf.

 

Die 2012 Algemene Jaarvergadering het gevolglik besluit om bogemoemde Klub-aktiwiteite op te skort en nie weer ‘n formele bestuurstruktuur daar te stel nie — ‘n oordeel wat nie ligtelik gevel is nie.

 

Die Klub se weeklikse e-tydskrif, Brokkies, geniet steeds ondersteuning, derhalwe is besluit om met die uitgee daarvan, binne ‘n model van finansiële selfstandigheid, voort te gaan. Die voortgesette publikasie van BROKKIES is eweneens geprivatiseer en Philip Langenhoven sal dit voortaan finansieel onafhanklik namens die Klub uitgee. As deel van die behartiging van Brokkies, sal die redakteur ook voortgaan om korrespondensie wat aan die Klub se adres gerig word, te hanteer ..............

Brokkies - Jou weeklikse Afrikaanse nuusbrief in New Zealand

FRITZ SWART INSURANCE SERVICES /  VERSEKERINGSDIENSTE

SEE WEBSITE

BULA DESIGNS